Kom sit vir ‘n rukkie hier by my
Hier langs my
Jy mag maar vir ‘n wyle by my kom sit
Ons kan saam bid
Gesels
Ons kan ponder en wonder
Ons kan planne beraam
Dalk droom oor daai man op die maan
Kan hý ons hoor roep
Kan hý ons red

As jy saam met my sit, stil
Kan ons gesels oor ons vrouwees, ons
yster-wil
Ons kan lofliedere sing en planne beding
Ons kan ook lafgiggel oor daai man op die maan
want al sou die bliksemse Wêreld ons hoop soms laat taan
Weet ons, ek en jy, verseker-beslis
Dat ons saligheid, genade, ons toekoms net in die
Groot Hand rus

Kom hier.
Hier by my.
Al is dit net vir ‘n oomblik,
voor ons weet is dit verby.
~LollaseGroete~
Wat ñ pragtige skrywe, Lolla. Ek vir een sal graag saam met jou sit.🤗
LikeLiked by 1 person
Enige tyd Una, dankie vir jou teenwoordigheid in my lewe. ♡
LikeLiked by 1 person