Sommer net Tjoklits

‘n Kartondosie propvol vreugde. Ai ou Forrest, as jou ‘momma’ my darm vandag kon sien….. Pure soete geluk.

So saam met die goue boksie vol tjoklits trek die Oosrand vroeer vandag ook ‘n grys-donker jassie aan. En daar val ons heel eerste behoorlike reenbui van lente 2022, saam met donderweer en blitse. Die sambrele word uitgehaal en vir ‘n rukkie is die wereld so reg soos ‘n roer.

Dit was ‘n goeie, produktiewe Dinsdag die. Bietjie geskryf, bietjie gespeel, baie gewerk en lekker geeet. Mag ons more weer so maak.

10 thoughts on “Sommer net Tjoklits”

Comments are closed.