Die Goue Vroue is βn groepie verbeeldingryke dames wat wonderlike avonture saam beleef in die kuberruim. Hulle het al met βn vlieΓ«nde tent om die wereld getoer, met βn luukse strykyster plesierboot die oseane verken, Jumanji in Afrika gespeel, deur die ruimte getoer, partytjie gehou saam met ABBA en nog baie ander avonture beleef. Hulle woon op hulle eie dorpie, Rebusfontein, waar dit altyd mooiweer is.
Nou gaan hulle partytjie hou op Rebus en wie weet wat gaan gebeur? Ons sal moet wag en sien!
Om nog te lees, klik gerus hier: https://fresh.inlinkz.com/party/5330572ab12247dfafd5de0b9c14dd82

Lolla sit met stokstywe oΓ« kruisbeen op die grond die geselligheid voor haar en dophou.Β Haar kaalvoete wat onder haar dik bobene ingevou is tik-tik saam op die ritme van Jerry Lee Lewis se Chantilly Lace wat nou deur die luidsprekers hier uit Rebus se eie teater stroom.Β Seegogga gooi βn lekker draai oor die dansvloer en Kameel, wat nou Camilla se paar rooi stilletos aanhet, volg saam terwyl sy haar kop agtertoe gooi en plesierig lag.Β Appeltjie hou haar seer rug skelm vas sodat niemand sien hoe vanmiddag se rondhardlopery tussen haar huisie en die krater waar Una se garnale die ewigheid ingeblaas is, haar nou skoon ongemaklik het nie.Β Sy neurie saam:
Chantilly lace and a pretty face
And a ponytail hangin’ down
A wiggle in her walk and a giggle in her talk
Make the world go ‘ro-o-ound
Appeltjie loer agterdogtig in Lolla se rigting.Β Die girl lyk half vaal en haar oge is so groot soos pierings.Β Kan dit dalk iets te doen hΓͺ met die laaste helfte van haar spinasietert (wat sy per abuis met die βspesiale groen olieβ gemaak het) wat verdwyn het nadat sy vroeer die drakie gevoer het?

Una het intussen, na die petalje met die drakie en die krater, weer βn stewige porsie garnale met knoffel en botter gaargemaak, so onder Toortsie se wakende oog. Lolla wat self nie βn bakster is nie het βn bak tuisgemaakte malvalekkers en kondensmelk gebring vir die met soet tande.
Daar is βn heerlike atmosfeer op die dorpsmeent. Almal is ontspanne en βn ligte, selfs effens lawwe luim heers. Christa, Kameel en Trommeltjie is besig om βn skinkbord met die allermooiste kristalglasies vol Frangelico te pak om met hulle Goue Vriendinne te deel. Appeltjie en VirgoC vis by Lolla uit of sy die ander helfte van die gedokterde spinasietert geeet het. Lolla knik stadig haar kop op-en-af terwyl haar oΓ« glinster soos sy giggel.
βWater, jy kort waterβ! VirgoC gooi sommer ook net daar en dan βn yslike glas propvol vars bergrivierwater en gee dit vir Lolla aan. Met haar ander hand beduie sy: βdrinkβ. Lolla sluk die water weg want sy voel juis se effe dorser as normaal. βKomβ wys Appeltjie en trek vir Lolla van die vloer af op. βBeweeg bietjie dan voel jy sommer gou beter.β
Die Goue Vroue staan nou in βn sirkel en wikkelrittel saam met Good Golly Miss Molly. Christa gryp vir Trommeltjie en draai haar in die rondte. Toortsie, Frannie en Seegogga maak wafferse ruk-en-rol passies en Ekmyself speel lugkitaar terwyl sy luid saamsing.
Skielik is daar βn yslike groot, helder kollig op die groepie. Half verblind, met hande voor hulle oΓ« kyk die groep in die rigting vanwaar die lig skyn. Danie het so vinnig opgespring dat sy pruik nou oor sy oΓ« hang β hy uiter net een lui maar klipharde βWoefβ.
Die groen drakie wat na die spinasietert van vroeer nog heeltyd geslaap het is nou wakker. Uit die gediertetjie se oΓ« skyn twee helder kolligte. Vir βn oomblik is die vroue sprakeloos en nie een beweeg nie, maar dan gee Kameel βn paar tree in daardie rigting en sit haar linkerhand gerusstellend op drakie se blad, daar waar die vlerkies bymekaarkom. Dit het duidelik βn kalmerende uitwerking en die ligte verdof, en gaan dan af.
My maggies julle, ons het dan sowaar ons eie beligtingsingenieur hier op Rebus, skerts Woordnoot. Die drakie vlap en vladder sy vlerke en gaan sit bo-op Kameel se kop. Na βn paar oomblikke bars die hele klomp uit van die lag. Die draak lyk vreeslik gemaklik hier tussen die Goues op Rebusfontein. En so stem almal in, hierdie drakie moet βn naam kry. Dis ook nie lank nie of die groepie vroue het ooreengestem dat Knersis voortaan so sal heet.
Una stap na die groot tafel propvol feetjieliggies wat eenkant staan en pak βn klomp uitgeholde klapperdoppe al die pad van Mosambiek af op die tafel uit.Β Sy kry so halwe rilling toe sy dink watter petalje die geplukkery van die klappers afgegee het, maar vir nou is dit gedane sake.Β Sy skink die een na die ander vol met βn mengsel van Tipo Tinto, Klappermelk, fyngemaalde pynappel en ys.Β Elke drankie kry βn reenbooggekleurde glasstrooitjie en kort voor lank staan die vroue elkeen met βn eilanddrankie in die hand.

Die volgende liedjie begin speel en selfs die Italianer staan nader terwyl Lolla kliphard saamsing Ooh-ooh-hoo as jy langs my staaaan β¦β¦β¦ as die hippies begin dans, vat jy my terug na β¦β¦ Scrapy hak nou by Lolla in en knipoog in haar rigting. Hulle altwee weet β dis lekkerder as toffieappellekker hier op Rebus.
Kom ons kyk wie skryf volgendeβ¦
Lekker vrolik. Ek lag vir my in Camilla se stilettos. Het jy ‘n idee hoe ek bokant almal uittroon… met my alreeds lange lyf. Geen wonder die drakie het op my kop beland nie. Lekker geskryf.
LikeLiked by 2 people
Jy sien, verseker hoekom jy en Knersis so saam saam opeindig. Bly jy het lekker gelees Kameel. Dankie vir die inloer.
LikeLiked by 1 person
Lolla, wow, mens sou sΓͺ jy was nog altyd deel van die Goue Vroue. Sjoe, wat ‘n lekker storie. En eks so jammer van die spinasiepastei. Dit was regtig ‘n groooot glips. Maar toe maar eind goed als goed.
LikeLiked by 2 people
Nee wat Appeltjie daai spinasiepastei was steeds lekker π₯΄πΆβπ«οΈπ
LikeLiked by 1 person
Lolla Lolla Lolla!!!! Ek dink nie eers ons hoef jou welkom te heet nie!! Ons kan sommer net sΓͺ…hallo!! Dis nes Appeltjie sΓͺ….dis asof jy nog altyd net hier op Rebus is! Puik geskryf. En ja….welkom tuis hoor!!π€©π
LikeLiked by 2 people
Baaaie dankie Woordnoot. Ek voel sommer al lankal baie welkom hier. π
LikeLiked by 1 person
Dis nou lekker geskryf, vrolik en het dit nou geniet, spinasie en alπ€πππ»
LikeLiked by 1 person
π dankie vir die inloer en saamgesels VirgoC π
LikeLike
Ag, wat ‘n lekker paartie!
LikeLiked by 1 person
Verseker Tannie Frannie π
LikeLiked by 1 person
Hierdie is nou Γ± partytjie so na my hart!!! Knersis op Kameel se kop, daardie prentjie gaan ek nie kan vergeet nie. Lolla en die spinasietert en ekke wat drankies ingooi! Kyk, ek geniet my gate uit!
LikeLiked by 1 person
Dis te heerlik ne Una. Ek geniet my self gate uit daar op Rebus.
LikeLike
Good golly miss Lollie, jy is regtig n volwaardige Goue Vrou! Met n Goue pen! Wow! Kyk nou dans ons dat die stof spat!
LikeLike
So lekker om saam julle te partytjie π₯³ Seegogga.
LikeLiked by 1 person
Dit was nou een groot lekkerte, hierdie partytjie aand. Puik gedoen Lolla
LikeLiked by 1 person
Baie dankie π€©π
LikeLike
Sjoe, Lolla, jy mag maar … jy mag maar!
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie π
LikeLike