Julle DRIE is die room in my koffie
Die ys in my coke (lees 'gin')
Die sout-en-asyn op my slapchips
Die sjerrie in my koekstruif
Julle DRIE is my duwweltjiepad maats
Julle is my Everedy bapperye
Julle is die strepie in my 't' en die www in my 'w'
Julle is die tierlantyntjies op n dor dag
Julle is die sprakel in my stoutste lag
Julle is klitsgras, boombas, fondasie en lug
.... om te rym of nie te rym nie ....

Dis lekker om deel van ons ons te wees. Tydmaak vir saamwees kom nie altyd seepglad nie maar elke keer weet ek, my lewe het vandag net so bietjie ryker geword.
Dankie Liewe Jesus vir my hartsmaats. 💝
Sulke hartsmaats is goud werd. Juwele om te mag ken.
LikeLiked by 1 person
Spot on Scrapy.
LikeLiked by 1 person
Daar is niks so goed vir die siel nie!
LikeLiked by 1 person
Verseker
LikeLike
Pragtig!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Aletta
LikeLike
Hartsmaats moet gekoester word, daar is min van hulle in die rondte
LikeLiked by 1 person
Dis feite Positief
LikeLiked by 1 person
So bevoorreg om hartsmaats tw hê.
LikeLiked by 1 person
En dankbaar xx
LikeLike