Facebook diep weer hierdie woorde op. En die rou seer gryp my aan die gorrel. Mis jou altyd Mella. 🖤🤍💛

Vandag sluk ek ‘n urbanol vir jou maat.
Blikskottel kan mens se hart so rou seer wees.
Daar was hordes magical moments.
Daar was ook kakkes. Harde oomblikke. Veral die laaste tyd.
Dalk het ek te hard gepraat? Het ek jou in die steek gelaat?
Jy was ‘n hartsmaat. ‘n Forever-friend.
Ek het jou uitgetrap, net nou die dag.
Fokkie tog het ek teveel verwag.
Ek wou net hê jy moes ook uit jou diep-binneste kon lag.
Jy was ‘n malkop. Lekker uit jou dop.
Ek wou lê van die lag met jou geite en sê-goed langs die rugby veld.
Elke keer wat ‘n rugbybal my langs die veld getref het was jy daar, reg langs my.
Was jy dalk die magneet, jy het tot in jou tone toe lekker gekry.
Rabbit-hole & Boomhuisie gaan nooit weer dieselfde wees nie.
Sangria gaan nooit weer dieselle proe nie.
Ek gaan jou in elke kosmosblom en volmaan sien.
PikkeOns gaan jou mis en lang trane huil vir ons Mella-Sonneblom.
Jy kan nie weg wees nie. Maar jy is.
Ek kan net bid dat jy nou kan rus.
Dat jy by Jesus se voete sit.
Jy gaan die Engele besig hou …… ooooh gedorie ek kan alklaar
hoor hoe jy saam met hulle lag en kattekwaad aanvang.
Mella, ek wonder of daar rooiwyn is in die hemel?
Kan jy ons sien?
Byeboer se blom in die hare het vir ons 2 ‘by in die hare’ geword.
Daai dag langs die Tuks-rugbyveld toe daai by pure lekkerkry in ons
boskasies kom kry. Dan in jou kapsel, dan in myne. Ons het gegiggel en gekoes.
Ek is dankbaar vir baie sulke kosbare oomblikke saam met jou.
Selfs so met die lewe se grou
Het ons tot aan die einde aan mekaar vasgehou
Met oomblikke ver verwyder maar tog ook vasbeslote
Dat ons mekaar nooit sal los nie.
Ek wens ek kon jou nog een drukkie gee
Ek wens ek kon vir jou sê ek is lief vir jou
Ek wens vir nog een snapchat videotjie van jou
Ek wens dat ons mekaar weer sal ontmoet vorentoe
My kop en hart is deurmekaar.
Die seerkry sit soos ‘n klip hier tussen my gorrel en bors.
Maar soos ons voicenotes, sal ek later weer met jou praat.

Daai rou hartseer kom so duidelik hier deur, maar ook die suiwer liefde. Sterkte Lolla
LikeLiked by 1 person
‘n Jaar later en dit voel steeds of my kop en hart nie registreer dat sy weg is nie.
LikeLiked by 1 person
Partykeer wonder ek of dit mens se self-beskermings-meganisme is wat die dood van ‘n geliefde so onwerklik maak. Ek ervaar dieselfde met my boetie se dood
LikeLiked by 1 person
Ek reken daar is verseker n mate van waarheid aan jou teorie Antonet. Sterkte vir jou ook.
LikeLiked by 1 person
Hulle sê tyd heel wonde. Maar ek weet ook dat elkeen se tyd om so diep eina te verwerk sy eie tyd is. Sterkte vir jou.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Woordnoot xx
LikeLike