Lolla se Huisie op Rebusfontein


Iewers in Suid-Afrika is daar ‘n denkbeeldige (‘wink-wink’) dorpie met die naam Rebusfontein. Die fabelagtigste plekkie vol kleur en all things weird and wonderful.

Hier woon die Goue Vroue. Nie permanent nie – Rebus is meer ‘n ontvlugtings- en avontuur dorpie, waar die diere in universele dieretaal kommunikeer. Hier kuier die Goue Vroue dat die biesies bewe, trane en lag word in oorvloed gedeel en soms is dit net stil. Hier is enigiemand welkom – enige tyd.

Die mooiste, fynste blommetjies in Lolla se Rebustuin
‘n Nagportret van die nuwe huisie op Rebus

Lolla voel geëerd om deel te wees van hierdie ongelooflike groepie vroue. Hulle het die nuweling warm omarm en welkom laat voel. Maar tog, al staan Lolla se huisie gereed vir die nuwe intrekker sal dit nog ‘n tydjie neem voor sy oor die drumpel huppel. Sien, die Goue Vroue is alweer midde-in ‘n avontuur. Almal besig om seker te maak Scrapy kan weer saam met die res hier op Rebus kom rustig raak.

As jy meer wil lees oor hierdie avontuur, gaan loer by:
https://fresh.inlinkz.com/party/5ccd555160b847968834e2d35fc2042c

Photo by Somben Chea on Pexels.com


Lolla se huisie staan teen die berg se voet. Dis ‘n klein huisie met min goete in. Wel kleurvolle flaggies en baie helder liggies oral opgehang. Daar is ‘n houtdek langs die huis vanwaar jy in die helder rotspoelwater kan inspring en tot by ‘n groot waterval swem. Oral om die huisie pronk reusesonneblomme heel jaar, en daar is ‘n groot verskeidenheid bome. Lolla se gunsteling boom is die ene vol helder gekleurde bloeisels waaraan daar heel jaar spookasem en stokkielekkers groei. En die beste van alles (@Toortsie) is dat hierdie soet njummievrugte geen suiker bevat nie.

Photo by Taryn Elliott on Pexels.com

Wel, vir nou is dit eers genoeg van my Rebushuisie. Lolla is erens besig om voet-in-die-hoek te sit, oppad Kaap toe saam met die ander Goues.

Tot volgende keer
Lolla-se-Groete

20 thoughts on “Lolla se Huisie op Rebusfontein”

  1. Welkom nuwe Goue Vrou in Rebusfontein. Jou huisie is alte fraai en daai spookasem sonder suiker gaan heerlik wees. Ag nee, hoe is ek altyd honger as iemand net iets van kos noem?

    Liked by 2 people

Comments are closed.