
Ek het onderstaande op hierdie dag in 2017 op sosiale media geskryf en gepos. Dis nogsteeds van toepassing. Ek deel dit graag hier met julle.
Random vroegoggend-Vrydag gedagtes:
- Die lewe is hard maar lekker.
- Ek wens vir niemand (nie eers vir Hannah Hoekom!!! ;-)) vertigo toe nie. Dis een van die vreemdste gevoeltes wat my al ooit beetgehad het. En dit klou!!!!
- Mens moet vriende he. Regte, opregte, goeie vriende, wat jou vat nes jy is. Wat saam met jou lag en huil en poep en plasiepieps ….
- Bekommernis is deel van die lewe – maar die Here help ons daardeur solank ons aan Hom vashou. Eintlik hou Hy ons vas selfs wanneer ons laat los …. Sy Genade is onbeskryflik groot, onverdiend ofte nie.
- Ek kort ‘n behoorlike sielsverkwikkende wegbreek.
- Moenie ophou droom nie.
- Moet nooit ophou hoop nie.
- Daar is net een ware Werklikheid, net een ware Antwoord, net een Groter Hand – sonder die Here is ek niks.
- Al is dit hoe moeilik en selfs menslik ontmoontlik, fokus altyd daarop om NIE TE OORDEEL NIE. Probeer, en probeer dan weer, en probeer harder, want die oordeel kom rerig nie een van ons toe nie.
- Jislaaikit ons is almal menslik en vol foute – erken en herken jou foute en geite. En moenie ophou ‘beter’ word nie.
- My hart loop oor …….
- My gedagtes loop verseker oor ……..
- Liefde is lekker – liefde is moeilik – liefde is ‘n bliksem!
My nuwe motto(s) is onder andere:
- KAP AAN.
- Hou vas, Klou Vas.
Ek het verseker die kuns van vasklou bemeester. Ek gly gereeld en val dikwels, val sommer my nerwe af, staan op en stof af, totdat ek volgende keer weer klou en gly en klou en gly en dan val ek weer. En staan maar weer op. Soms sleep die lewe jou dat jou tanne in die stof klap, dat die velle trek en dat daar so ‘n diep sloot langs die vorige letsel in jou hart inkloof. Jy le ‘n rukkie en bloei en partykeer huil jy ‘n paar trane. En dan kap jy weer aan.
Op en Af. Fases. Seisoene. Noem dit wat ookal jy wil. Dis hard maar lekker. Lekker kak, lekker lekker, vrek-lekker, lekker shitty, lekkerste lipleklekker, sielsverruklik-lekker, lekker verby, verby lekker, oe-la-la lekker, lekker verspot, ens ens ens ……..
As jy lekker gelees het, laat weet my. LollaGroete
Kopiereg: Lindie Koekemoer
Sjoe, dis monde vol hierdie, Lolla! Dankie daarvoor.
LikeLiked by 2 people
Plesier Frannie. Mooi dag daar.
LikeLiked by 1 person
Ek laaik.
LikeLiked by 1 person
😃 dankie Tokkie
LikeLike
Jy os op ‘n “good place in life”
LikeLiked by 2 people
Ek het heerlik gelees, Lolla!
LikeLiked by 1 person
Hlo Una – ek waardeer jou boodskappie. Hoop dit gaan goed daar is Moz. Hoe verskil julle weer van hier by ons?
LikeLike
Bedags so 23%, saans 21. Gaan baie goed, Lolla.
LikeLiked by 1 person
Sjoe dis lekker matig daar by julle. Hier voel dit vanoggend of my tone gaan afvries – ek het nogal ‘n paar wollerige wintersokke aangetrek. Groete.
LikeLike
Ek het nounet jou deel van ons storie gelees, jy het dit perfek gedoen.🤗💥
LikeLiked by 1 person
Jy maak my sommer opgewonde met jou lekker terugvoer. Dankie Una. Ek moes uithaal en wys – I find myself in the presence of formidable women.
LikeLike
Jy pas klaar 100% in.☺️
LikeLiked by 1 person
Ek het lekkerder-as-lekker gelees, daar is baie waarhede hier
LikeLiked by 1 person
Jong as ek eers begin babbel hou ek nie sommer op nie hoor. Baie bly jy het lekker gelees.
LikeLiked by 1 person
Natuurlik het ek (weer lekker gelees) Tyd stap so, nou word daar skaar meer van Hannah gepraat, geen meer invloed, en die bliksem liefde het deesdae n effens ander betekenis en jy klou steeds vas – want opgee is nie n opsie nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het erens agter geraak met jou posts (tot my skande)! Maar hier is ek nou om gou op te vang … en wat ‘n mondvol het jy hier – ek’s mal daaroor 💌.
LikeLiked by 1 person
Hjierts ek is bly jy het opgevang. Ek het nogal agtergeraak met my bloggery. Maar ek maak gou weer op.
LikeLiked by 1 person