
Dis Maandag. Dis koud. Ek is pens en pote in die kooi. Nog vrot van die verkoue, so saam met ‘n klomp familiemense. Voel goor, die dik goete in my keel en neus vermenigvuldig sonder ophou en die lee toiletpapierrolletjies langs die bed word al meer. Dit voel of daar ‘n boksgeveg in my binnegoete was en my stem klink krakerig en koddig. Dis goor om so te voel.
MAAR, dis Maandag. Dis ‘n nuwe week. Nuwe dinge. Dis nou al amper halfpad deur die dag en ek sit nog net en bolle rol van vroegoggend af. Die plan was al van gisteraand af dat ek vandag absoluut net gaan rus en beter word. So hou ek myself besig met dinge wat in die besigheidswereld as absolute snert aangesien sal word, maar wat my siel goed doen. Ek speel, teken, surf soos ‘n gouemedalje-mededinger op die web. Klik op skakels, lees en leer. Droom. Ek is dankbaar vir hierdie oomblik, vir hierdie Maandag.

Wanneer jy hoes terwyl jy die glas skuifdeur oopmaak en die hele buurt se honne begin vir jou blaf.
LollaPenaries
Ek probeer nog aanleer hoe om net te “wees”. Hoe om te ontspan, om net asem te haal. Dis ‘n gesukkel. Vandat ek einde-Maart by my ou werkgewer klaargemaak het is ek oral aan die krap om my “behoort-plekkie” te kry. En dit terwyl ek myself (en dies naaste aan my) belowe het dat ek vir ‘n rukkie net gaan wees. Ek besluit nog self hoe suksesvol ek is, met hierdie net wees besigheid. Dis asof ek myself jaag, asof daar altyd iets is om aan myself en die wereld te bewys.
Vandag is ek dankbaar vir my humorsin. Veral omdat ek so ‘n ekstra super-sensitiewe dramavraat is (ek sรช dit tong-in-die-kies) is. Dankbaar ek kan vir myself lag. En vir die lewe. Veral vir die lewe. En vir mense. Wie wil dan nou (en ek gebruik hier ‘n hartsvriendin en blogmaat se gesegde) met ‘n permanente drol in jou hart rondloop? Huh?

Ek lyk oes. Kan deurgaan vir ‘n vรชrlangse verwantskap van die Uniondale spook. My groot, kenmerkende neus is rooier as gewoonlik. Vandag het ek ‘n NEUS, nie net ‘n neus nie. Rou geblaas. Pure ek. ‘n Kussing-piramide agter my rug gepak (ek slaap snags penregop sodat ek kan asem kry en nie in al die gogga-gevulde-voggies versuie nie). Het ek al genoem hoe erg dankbaar ek vandag is vir my huis, my kamer, my bed, warm komberse, kussings en al die ontelbare blessings wat ek uit Die Groot Hand ontvang.
Dis dalk juis omdat ek ekstra vaal en verwaarloos lyk en voel, dat ek vanoggend met my siek lyf en al ‘n guur in my gaai het. Ek is lus (heelemal buite karakter) om op te dress. Die wat my ken ken my tipe opdress. Ek is nie rerig die opdress-tipe nie. Vanoggend lus ek grimering, mooi aantrek met ‘n paar parmantige bootse. Dalk ‘n paar los krulle in my (dan, hopelik, skoongewaste, koorslose hare). So dis deel van my gesondwordplan – sodra ek behoorlik op die been is gaan die tweezer nader gehark word, my grimering bietjie gesorteer en ingespan word en ek gaan myself optooi. Lolla-styl natuurlik. Aangesien dit nie gereeld gebeur nie (ek is maar ‘n gemaklike hippie-tipe, effens slonserige nes-ek-is low maintenance meisie) sal ek vir julle ‘n fototjie of twee hier plaas. Maar vir nou (danksy Snapchat) ….. …..

En saam met die ander (klomp) dankbaarhede, is ek ook dankbaar vir hierdie blog. En vir elkeen wat hier saam met my gesels. Veral vir die wat my omarm en welkom laat voel. Dis so al asof hierdie blogspasie ‘n stukkie “ek hoort hier” plekkie is.

Vragie: Julle, wat maak mens vir aandete vir twee wanneer mens “af” is?
Laat ek groet. My hande vries en ek dink dis tyd vir ‘n koppie tee. En dan slaap. Helende, genesende slaap. Liefde en Lolla-groete vir eers…….

Nee kyk, jy het ontrent ล snot-verkoue! Ek kry jou jammer want die geneusblasery en dan help dit eintlik fo….l, breek my spoed. Ek sien uit na jou opgedressde self.๐บ๐บ๐บ๐บ๐บ
LikeLiked by 3 people
Hello Una. Dankie vir die boodskappie. My spoed en moed ook so effens belemmer op die oomblik maar …. we can do this. Ek hoop ek is gou reg vir daai opdress. ๐ข๐
LikeLike
Al is jy nou nog nie opgedress nie, en al is jou neus rooi en snotterig, jy kan maar lekker net agteroor lรช en ontspan. Wat maak mens as jy siek is en jy moet sorg vir kos? Mr Delivery!
LikeLiked by 3 people
Dankie vir die omgee boodskappie Woordnoot. En ditsem ….. Mr Delivery inderdaad.
LikeLike
Die behoefte om altyd jouself te bewys is die eerste stap kry dit onder beheer al wat jy hoef te bewys is dat jy dit kan regkry ๐๐
LikeLiked by 2 people
Dis baie waar…..dankie.
LikeLike
So waar. Vertel jy my nou mooi. Moet bieg, ek weet dit maar ek sukkel jong.
LikeLike
So ‘n verkoue-snot-neus storie … dit is die beste verskoning om pens en pooitjies in daardie bed te bly! Ek lag lekker vir jou wilde grimering en rooi lippe – dit kan selfs die spook van Uniondale in ‘n rigting laat spaander ๐.
En soos Woordnoot se … g’n niks kosmakery nie (bel ‘n vriend) … my man maak die lekkerste hoendersop wat enige sieke binne ‘n ommeseintjie kan reg dokter. As jy nie so ver was nie, het ek hom agter die stoof gekry en vir jou ‘n kommetjie sop oorgebring!
Kyk mooi na jouself ๐ธ.
LikeLiked by 2 people
Julle is dierbaar. Sou ek nou daai sop geniet het. Maar vanaand is dit kitskos ala aanlyn aflewering. Ek is binnekort gesond dan kook ek vir my en Ingelsman ‘n lekker bord boerekos met groente en rys en vleis en groot aartappels. En dalk vir pure lekkerte maak ek vir ons van sy gunsteling yorkshire puddins.
Dankie vir die saamlag vir daai mombakkies – lag is goedkoop en dis beste este mirrisyne. Groete daai kant.
LikeLiked by 2 people
1. Word asb gou gesond, pas jou op
2. DramaVraat? Nee DramaQueen pas jou beter
3. Bly weg van Snapchat ๐
Ooh ek kan nie wag om jou gedress te sien nie, sal ons erens ontmoet?
LikeLiked by 2 people
1. Dis nou my nr 1 prioiteit maat. Maar hoekom voel dit of dit al is wat ek altyd doen?
2. ๐ค๐ dramakwien dus
3. Speel is lekker
En ja, dink n ontmoeting is n goeie plan.
LikeLike