Is dit net ek wat voel asof tyd onder my uithardloop? Hoe meer daar is om te doen, hoe minder kom ek by dit uit, voel dit vir my.

Om goete te organiseer en beplan en fasiliteer was nog altyd een van my super-powers. Ek vermoed oudword het ietsie uit te waai met die spoed van tyd. En natuurlik ook die mal, volgelaaide, verwagting-gepakte lewenswyse wat ons konstant besig hou met dinge wat dalk nie noodwendig soveel tyd regverdig nie.

Feit is, tyd wag vir niemand nie. En die lewe is ongelooflik broos en kortstondig. Al voel ek meestal of ek in iets versuip is daar tog n paar dinge wat kan help wanneer die kort armpie te vinnig draai.
- Haal diép asem. Gefokusde asemhaling wérk.
- Don’t sweat the small stuff (rerig!).
- Besluit wat is in jou beheer en fokus op dit. Moenie teveel van jou kosbare tyd op ander se geite uitgee nie.
- Word so baie gesê deesdae, maar wraggies tog: leef in die oomblik. Maak seker jy vóél tyd.
- Sit soms jou foon en rekenaar neer en kyk ekstra mooi na die dinge om jou.
Jou tyd, jou keuses. Mag jy vandag die heel beste uit elke sekonde kry en mag daar genoeg magic in jou dag wees om jou tyd-reserwe emmertjie bietjie op te top vir more en more se mores.

Ek wens vir jou genoeg woema om verlore tyd in te hol, hande vol te skep en miracles daarmee te maak.