Vandag is Net-Genoeg genoeg

So dikwels draai ons onsself spreekwoordelik nek-om wanneer ons – met goeie bedoelings ofte nie – teveel van onsself in iets belê.

Die lewe is te kort, kosbaar en broos om teveel tyd af te staan aan dinge wat jou op watse manier ookal bevonkfaai.

Onthou tog vandag dat ons nie altyd super heros hoef te wees nie. Goed genoeg is juis goed genoeg.

Trek daai strepies, skuif die grense