Koek & kakpraat

Vreemd hoe lus ek dan nou juis vanaand ‘n lekker stukkie klam tsjoklitkoek. Sulke lekker romerige versiering wat tussen mens se tanne loop vassit. En waaraan jy nog n rukkie ná die tyd kan suig. Wat dan van jou lippe op jou jippe gaan sit en nóg bietjie langer bly vasklou.

Vreemd hoe soet én suur goete dikwels lank nog kan spore los. Soos nou byvoorbeeld slegte besluite.