‘n Junie Maandagoggend

My foon se vanilla weertoep laat weet my dat die luggehalte nie tans goed is vir hardloop nie.  So ook nie fietsry of tuinmaak nie.  Ek laat my maklik oortuig en besluit ek lê dus nog ‘n rukkie tussen die berse.  Aangesien die volmaan reeds wegkruip-laag teen die Westelike horison klou het ek nie veel om nou buite te gaan bekyk nie.  Ek prut dus vir nog ‘n wyle.

Ek sal wel nou-nou opstaan om twee koppies tee (cuppas) te maak;  sterk vyf-rose tee vir Ingelsman en ‘n vinnige geweekte rooibos vir my.  Dan bou en pak ek sommer toebroodjies met kaassmeer en marmalade vir sy skaftin, en gooi ‘n piesang by vir ‘n fruity-touch.

Dis Maandag. Vandag pak ons weer die blou bul (g’n verwysing na rugby nie) by die gevoellige horings. More se beplande landswye ‘shutdown’ dreig tans so effens die week uit sy normale wentelbaan uit.  En vandag mik ek om weer na maande ‘n paar aanlyn Engelse klasse te kan aftick ✔️.

Na ons eerste week in ons nuwe (nuutste) blyplekkie is die kantoor-kamer besig om bruikbaar te raak.  Daar is nog ‘n handjievol bokse om uit te pak, maar ek het genoeg tafel spasie om hopelik produktief aan ‘n inkomste te kan werk.

Die siek lyf is stadig maar seker besig om sterker te word.  Ek hoes nog vir die A-span maar daar is langer hoeslose rukkies tussen-in. Slowly does it….

Dit is stil hier by ons nuwe woning. Salig-stil.  Behalwe as die ganse keelskoonmaak.  (En asof hulle my kon hoor skryf, begin hulle doer in een hoek van die eiendom gaggel.)

Wat is jou planne vir vandag? Hou jy van Maandae?  En begin jy ook jou dag met tee?

LollaseMaandaggroete ♡

9 thoughts on “‘n Junie Maandagoggend”

    1. Hlo liewe Seegogga. Die afgelope jaar was inderdaad dol. Ek vertel bietjies, later. Ekself is lief vir koffie, maar geniet ook my Rooibostee baie.
      Dankie vir die inloer hier. Hoop steeds om jou binnekort op Rebus raak te loop. ♡

      Like

  1. Ek doen ook rooibos in die oggend. so by nege-uur se kant. Dis wanneer ek ontwaak in die winter. Dan lê en luister ek na podcasts op Spotify (grusame moordverhale) totdat my dogter my opjaag om my bed op te maak en my deur ‘n stel fisio-oefeninge te jaag. Dan stort, aantrek en langtand begin werk aan webtuistes – totdat dit tyd word vir my middagslapie. So? Ek is oud en geregtig op my rus.

    Like

Leave a comment