
Waar is al my kosmosmaats? Julle, mens sien hulle alreeds langs die paaie, op die plase, en teen Maart 2026 gaan hulle weer ‘n feestelike show vir ons bring.
Dalk is daar 1, dalk is daar 10, wat hierdie jaar saam met my gaan kyk hoeveel kosmosfotos ons hier op sosiale media met mekaar kan deel? (Let wel, wees veilig daar waar jy jou fotos neem.) Staan vir ‘n oomblik stil en bekyk hierdie pragtige verskynsels.
Tag my gerus in enige van jou kosmos-fotos en as jy aan die uitdaging wil deelneem (bloot net vir die pret en om hierdie blommetjies te vier), hier, op Facebook, Instagram, Whatsapp, Tik-Tok of waar ookal, gebruik die hutsmerk: #lollasekosmosuitdaging
Ek sien uit na jou kiekies xx
Kosmosse is sulke dankbare blomme! Deel asb die fotos vir ons wat nooit in areas kom waar dit blom nie🥰
LikeLiked by 1 person
Ons maak verseker so. Ek sal myne van tyd tot tyd hier deel, ook op FB en Insta en my w/a status xx
LikeLiked by 1 person