Slegs vir ‘n splinter-stukkie tyd, kry ons ‘n wonderlike geleentheid om vinnig asem te skep
Weg van die rep-en-roer rumoer, weg van moerige kruitjie-roer-my-moerasmeter tot in die rooi
Daar waar die Groot Water en lang stroke wit sand mekaar soos eeu-oue minnaars begroet, sagkuns omhels, male sonder end
Kortstondig, maar intens gewaardeer, in-hierdie-einste- oomblik …. waar siele verweerd, reg maak vir oor-en-oor weer probeer
Salige rus, dankbare hart …. hopend en dromend vir sukses en veel-minder smart
Die oseaan-lug se sagkuns kus is deels te danke vir ons oomblik se rus

Dis goeie nuus, Lolla. Mag julle verfris terugkeer huis toe.ðš
LikeLiked by 1 person
Pragtig. Dit het vandag mooi ingepas hier by my ook.
LikeLiked by 1 person
Heerlik Scrapy, die rus is so nodig xx
LikeLike
Dankie liewe Una
LikeLike
daar is niks soos die see om jou stres weg te was en jou nuwe energie te gee nie. Genietit!
LikeLiked by 1 person