Slegs vir ‘n splinter-stukkie tyd, kry ons ‘n wonderlike geleentheid om vinnig asem te skep
Weg van die rep-en-roer rumoer, weg van moerige kruitjie-roer-my-moerasmeter tot in die rooi
Daar waar die Groot Water en lang stroke wit sand mekaar soos eeu-oue minnaars begroet, sagkuns omhels, male sonder end
Kortstondig, maar intens gewaardeer, in-hierdie-einste- oomblik …. waar siele verweerd, reg maak vir oor-en-oor weer probeer
Salige rus, dankbare hart …. hopend en dromend vir sukses en veel-minder smart
Die oseaan-lug se sagkuns kus is deels te danke vir ons oomblik se rus

Dis goeie nuus, Lolla. Mag julle verfris terugkeer huis toe.ðš
LikeLiked by 1 person
Pragtig. Dit het vandag mooi ingepas hier by my ook.
LikeLiked by 1 person
Heerlik Scrapy, die rus is so nodig xx
LikeLiked by 1 person
Beslis baie nodig.
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe Una
LikeLike
daar is niks soos die see om jou stres weg te was en jou nuwe energie te gee nie. Genietit!
LikeLiked by 1 person
Dis die beste medisyne Lolla!!!ðĨ°ðĨ°ðĨ°
LikeLiked by 1 person