Groenigheid & Vele Vetties πŸ¦‹πŸͺ΄

Hoe gereeld maak jy behoorlik tuin skoon?Β  Is dit ‘n gereelde, gedisiplineerde taak of los jy dit tot jy met ‘n saag en snoeisker by jou voordeur moet uitstoei.

En meer spesifiek – hoe hou jy jou vinnig-vermenigvuldigende vetties in toom?

Ek het die laaste twee dae behoorlik ingeklim. Potte skoongemaak, onkruid verwyder, die vetties opgebreek en uitgeplant.Β  Sommiges is in ‘n boks bymekaar gesit vir weggee.

En al voel my lyf anibrand-seer, is my hart veertjie-lig.  Ek self oorweeg nou ‘n meer gereelde, in kleiner mate, instandhoudingsplan vir my plante. πŸͺ΄πŸͺ°πŸŒ³πŸπŸƒπŸŒΏπŸŒ±πŸŒ

Lolla-se-Groenvinger-Groete

7 thoughts on “Groenigheid & Vele Vetties πŸ¦‹πŸͺ΄”

    1. ek het groen vingers en my vetties, wat net eers n paar in potte moes wees, het verander in n kwekery. Daar is tans min waarvan ek nie in my tuin het nie. En weggee is lekker.

      Liked by 1 person

Leave a reply to scrapydo2.wordpress.com Cancel reply