Klippies

Sommiges trek na mekaar. Meeste glad nie. Elkeen sy eie mooi. Rondes, gladdes, stukkendes, blinkes, vuiles. Party is vol gate. Ander perfek, glad geskaaf deur die natuur. Sekere klippies het mooi, kleurvolle buitekante, party is hol aan die binnekant.

Gaan tel vandag ‘n handvol klippies op …. jy sal jou kan verlustig in die reenboog van kleure, of dalk net die blote andersgeit van elke ene. Van hierdie klippies was waarskynlik eens deel van ‘n groter klip, selfs ‘n rots. Gemaal, gegooi, op getrap, lekker bygekom deur die lewe se dinge.

‘n Klip teen die kop kan groot skade doen. Vra my ….. ek en kleinsus het kleintyd bakstene ontdek toe ons vies was vir mekaar. Was toe nie net die oorlogswonde wat na die tyd gebrand het, want Pa het nie sommer geslaan nie maar daai was een van die kere wat ons goed gelooi was.

Die ding is, ons is almal maar net klippies. Met ons eie stories vol triomf en tragedie. En tog is elke klippie op sy eie manier mooi, en waardevol. Om die right-fit klippies vir jou klippiespad te kies kan ‘n hengse verskil maak hoe jou dag-tot-dag-dinge uitdraai.

‘n Handvol Klippies

Ek fêncy nogal die verskeidenheid klippies in my lewe …