Verandering

(Soos op FB ook gepos)

🎵 Hier’s ek weer hier’s ek weer
Om nog een keer te probeer…..

Ek wil dit sê
En ek gaan dit sê 🎶
Al slaan jou ma my
(Julle beurt, vul die lyntjie in)
Ek sal dit sê, al gaan ons stry … ☆☺️🎵

○●○●○●○●○●○●○●○●

So saam met die Lewe wat oor die laaste dekade drasties en dramaties verander het, het dít wat ons doen en hóé ons dit doen merkwaardiglik en soms ongemaklikrig verander.

Van julle sal onthou hoe ek genotlik en simpel-blatant eerlik op hierdie einste platform my hart en kop met julle en die wêreld kom deel het. Sonder voorgee en gevaarlik eerlik.  Maar, een van die waarste konstantes van ons bestaan is die feit genaamd VERANDERING.  Dis absoluut onontbeerlik dat ons ons ‘aanpasbaarheid’  voortdurend moet oefen (oorlewingssoepelheid) en toepas.

Wel, truth be told, …. ek met my vet-flenters lyf en gekrokte senuweestelsel het in 51+ jare my “weer-probeer” tot op die been deurgewerk.  En hier besef ek skielik (alweer) dat daar ‘n tyd is om sekere dinge te laat gaan. Sommige handdoeke moet ingegooi word, wit vlae moet hoog gehys word, boeke moet toegemaak word en true moet opgegee word.

Ek het myself aan die begin van 2023 oortuig dat my woord vir hierdie jaar sou wees “LESS”. Maar tot nou toe kon ek dit nog nie toepas soos die intensie was nie.

So besef ek;  dis tyd!!! Sekere dinge moet gaan, sekeres moet verander en geskaaf word.  Ekself het nou al ‘n paar keer my hoeveelste ‘coat of many colours’ deurgeleef.

Wel dit was ‘n bekvol. Eintlik sê ek net ek is nog hier maar soos die res van die wêreld is ek intens-anders. 

Ek skryf nog, maar anders.
Ek probeer nog, maar anders.
Ek leef nog, maar anders.

A Fine, Gorgeous Brand New Day

“Let this day begin”, she says, still lying under the less-bright green comforter.

Outside the bedroom window, birds are chirping, announcing the new, crisp day enthusiastically.

She has a varied list of tasks to do in the next 8 hours, one of which is taking care of herself and her damaged body. Her mosaic heart still pumps through and between all the deep scars. Today it’s back to the chiropractor, after a 10-month break. How has she not messed-up the hard work done last year. Not overnight, but still …. her muscles and nervous system buggered and bruised.

Birds still chirping ….. the sound of an airplane taking off in the distance … the brown dog’s tongue licking the sheets while she cleans a paw.

It’s a new day. A pretty glorious, beautiful brand new day. ✨️ She smiles, as she moves her legs over the edge of the bed and catapults her stout frame upwards. A new day indeed. 😃😊

Die Maan, Kiekies en ‘n Poerringboom

Die groeiende bolmaan hang vol-in-blom soos ‘n wafferse eersteklas gimnas hier buite in die pikswartnag.

Die allemintige grootmoeg wat my nou al ‘n helse ellelange tyd aan die gorrelgat beet het, prik prik soos gewoonlik aan my behoeftevolle planne om ietsie te skryf.

Kiekieplak-staatmaker kortpad is my voorland.

Ek loop in die nagdonkerte badkamer toe, met die huis se binnegoete helder verlig in vanaand se gesellige Waterdraer maanglans. Nou-nou kry ek vir Kleinsus in droomland, dié keer onner ‘n poerringboom, nogals.

Pixie en Vlooi is nou al lekker in Snorkvallei – hier vroeer toe almal vir die aand kom inkruip het
Jy was immers so mooi vir my
Vroeer die week …. koffiemaak in ons liewe Suidelike land
Ouma sien uit maal twee
Kunsmatige Intelligensie jou oulike ding
Sommer net nog ‘n kiekie

Dis al! Lollasegroete ♡

Aanlyn Tydgapsers

Het jy ook ‘n aanlyn stokperdjie? Of dalk ‘n paar? Luister jy na oudio boeke? Speel jy aanlyn speletjies, toets jou woordeskat, volg ‘n ‘sit jou foon neer en oefen’ toep?

Doen jy aanlyn legkaarte of, soos ek, kleur jy in? Het die hele aanlynwereld jou ook half in ‘n wanfunksionele halfmens verander. Kry jý die balans reg?

Hoe lyk jou aanlyn statistieke? En hou jy by ….. of voel jy, nes ek, half oor die muur en ekstra oud?

Hoe voel jy oor al die aanloklike, altyd-vernuwende aanlyn poorte waar ‘n boksie in jou hand ‘n wêreld sonder grense maar ook sonder genade voor jou neersit?

Ek is half-en-half in two minds…… of is dit eerder in two billion minds? 🤔🙄🤭

Lolla-groete ♡

Toe ons nog kinners was

‘n Storie vir my anna-ene

Annapat, onthou jy die modderkoekies wat ons saam met ons anders-geskakering maatjie gebak het toe ons piekanienies was? Dit was by daai ‘ongeluk-huis’ waar pa die sirkelfens opgesit het. Daai tyd voor my platvoete toe ek nog wiektrieks langdoring was met my ratse, fratserige hol-styl.

Ek praat nie van die ongeluks-huis waar die trok donkeroggend daai tyd amper vir pa moertoe gery het voor ‘n SA-NewZeeland rugbytoets nie. Ook nie van enige ongelukshuis waar ons moontlik elkeen erens in ons leeftyd vasgevang geraak het nie.

Daai kleintydhuis waar ek ‘jou lewe gered het’ toe die staalkas in die badkamer ampertjies op jou geval het. Daai glasie waar Ma haar permgoete aangemaak het, het op my kop geval toe die boonste deurtjie tydens die val oopgegaan het. Ek het gedink ek is ‘n heldin.

In daai einste huis het ons mekaar een winter in ons nuwe pajamas in die huis rondgejaag, al het ons die reel geken van: “niks hardloop binne die huis nie”. Jou broek se pype was heelemal te lank. Dankie tog jy het nie ‘n oog verloor nie, maar daai oop wond in jou kop waar die tafel se skerp kant jou getref het (of eerder jy die tafel getref het), het woes gebloei.

Dit was ook dieselfde huis waar ons met ons fietse op die ronde sementtafeltjie gewaaghals het. En waar ek jou as my plekmerker op die vloer laat lê het om te sien hoe vêr ek vanaf die tafelvlak kon spring. Ek sou halt roep wanneer jy winduit beduie het jy kan nie meer nie.

Kleinsus, kan jy onthou of ons ooit daai modderkoekies met erdwurms in geeet het? En hoeveel letsels het jy oorgehou van ons tyd daar in een van ons grootworddorp se hoofstrate?

Die goeie ou dae…

Deur Koue Bekruie

So loop lê ek vroeer in ‘n stomende bad met soute en borrels en ‘n net-so-stomende beker koffie.

Dit is ysiglik, ontsettend koud vandag. Die wind waai al heeloggend tussen 24 – 36 kph in ‘n Noordelike rigting. Of altans, so beweer my twee weer-toeps.

Ek lê en kyk deur al die nuus en boodskappies op my foon. Praat met paar vriendinne, plaas ‘n klient se bestelling, sorteer fotos.

Die koffie is al laaankal klaar gedrink. Ek tap so met my groottoon 2 maal nog warm water by. Ek week, was en prokrastineer soos ‘n kenner.

Dis toe dat ek voel hoe my ore pyn. Dis omtrent net my ore, boobs, stukkie pens en paar tone wat bo die watervlak uitsteek. O, en my gebuigde knieë. Ek loer vlugtig na die tyd op my foonskerm. Goeie Liefe Donnor tog ek lê al ampertjies 2 ure in die bad. 🙄🫨😳🥶

Die uitklim was moeiliker as die inklim. Daar loop darm nou weer bloed deur al die gevriesde are. Die rinkelvel is amper weer glad. Maar my ore pyn steeds.

More stort ek!!!

Lolla-wintergroete