Sou daar ‘n Straatlig Konglommerasie wees. ‘n Gemeenskap van straatligte.
Wat dink jy sou hierdie straatlig sê as hy kon praat? En sou dit ‘n hy of ‘n sy wees? Of net Dít?

Laasweek, êrens in die Kaap, het hierdie Straatlig my dopgehou. Daai straatlig-oë het my oral in skoonpa se tuin gevolg. Vroegoggend en laataand. Ek kon eenvoudig nie die gevoel afskud dat ek ge-stalk word nie.

As ou grootoog straalig ‘n mond gehad het, sou hy my dalk ‘n paar stories kon vertel oor sy straat en haar mense. En as hy ore het, het hy seker gehoor toe ek een oggend, met ‘n koffie in my linkerhand en my kamera in my regter ✋️, saggies oor die muur vir hom geskreeu het: “Voertsêk, los my uit!!”
LollaseStraatligStories
Jip!! Dis n feit…jy was beslis gestalk…daai twee “oge’🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Ek vertel jou 🤣🤣🤣
LikeLike
Hoe lekker giggel ek nou vir jou, Lolla. Ek stem, die stories wat hy kan vertel!( En dis definitief ñ hy)😉
LikeLiked by 1 person
😃 Net so Una 😉😊
LikeLike
🤣🤣🤣 voertsek, skoert, f off!!
LikeLiked by 1 person
🤭
LikeLike