Hoe gereeld maak jy behoorlik tuin skoon?Β Is dit ‘n gereelde, gedisiplineerde taak of los jy dit tot jy met ‘n saag en snoeisker by jou voordeur moet uitstoei.
En meer spesifiek – hoe hou jy jou vinnig-vermenigvuldigende vetties in toom?


Ek het die laaste twee dae behoorlik ingeklim. Potte skoongemaak, onkruid verwyder, die vetties opgebreek en uitgeplant.Β Sommiges is in ‘n boks bymekaar gesit vir weggee.
En al voel my lyf anibrand-seer, is my hart veertjie-lig. Ek self oorweeg nou ‘n meer gereelde, in kleiner mate, instandhoudingsplan vir my plante. πͺ΄πͺ°π³πππΏπ±π
Lolla-se-Groenvinger-Groete
Stem saam met die vinnige uitbreiding van die vetties en veral onkruide as dit groeityd is. Mens knyp maar oe toe en dunbuir so goed mens kan. Bly jy het moed geskep en dit gedoen.
LikeLiked by 1 person
So lekker, die tuin lyk sommer weer vars.
LikeLiked by 1 person
Glo jou goed. Dit het jou hart en siel goed gedoen al is die lyf moeg.
LikeLiked by 1 person
Aaaa!!! Die beste terapie wat daar is!!
LikeLiked by 1 person
Ek stem liewe WoordNoot
LikeLiked by 1 person
ek het groen vingers en my vetties, wat net eers n paar in potte moes wees, het verander in n kwekery. Daar is tans min waarvan ek nie in my tuin het nie. En weggee is lekker.
LikeLiked by 1 person
Ja hulle vermenigvuldig in the wink of an eye. Pure lekkerte.
LikeLike