Moeg jou ou moegoe 🫩

Die moeg het my bekruip
soos 'n boef saggies nader gesluip
die teugies asem skielik en sonder versuim het
saam met daai einste gapser die niet in verdwyn

Gaar, soos ‘n snaar wat onherstelbaar geroes tttieeeeeeeng die ewigheid in koes, ‘n moeg wat drome en planne verwoes. Wat min oorlos vir oes.

Van hero na zero in 'n
millisekond
Van regop na sommer-net plat op die grond
Dit gebeur soos blits ek weet
dit gewis
Hiri moeg wat slyp-slyp al
my drome versuip

10 thoughts on “Moeg jou ou moegoe 🫩”

    1. Ja wat ‘n ongelooflike jaar was dit gewees. En tog, hier is ons …. ons kan nog skryf en gesels. Ons kan uitreik na mekaar. Ons kan die voëltjies in die bome hoor sing. Moeg and all, life is good!!!

      Liked by 1 person

Comments are closed.