Die moeg het my bekruip
soos 'n boef saggies nader gesluip
die teugies asem skielik en sonder versuim het
saam met daai einste gapser die niet in verdwyn

Gaar, soos ‘n snaar wat onherstelbaar geroes tttieeeeeeeng die ewigheid in koes, ‘n moeg wat drome en planne verwoes. Wat min oorlos vir oes.
Van hero na zero in 'n
millisekond
Van regop na sommer-net plat op die grond
Dit gebeur soos blits ek weet
dit gewis
Hiri moeg wat slyp-slyp al
my drome versuip
I can relate.
LikeLiked by 1 person
So ‘n moegoe van ‘n moeg
Jy moet hom sommer uit SPOEG.
Sterkte hoop hy skrik vir jou en hardloop vinnig ver weg. Desember het nog nie eers begin nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die inloer Scrapy. Ek het nou lekker gegiggel. 🤩🥰
LikeLiked by 1 person
Dink ook nogal dis snaaks.
LikeLike
Sterkte vriendin…die jaar het sy tol ge-eis. 🌼❤️
LikeLiked by 1 person
Jinne praat jy! Omtrent.
LikeLiked by 1 person
Lolla, die ou moeg kan behoorlik mens se drome laat verkrummel. Sterkte, ou maat.
LikeLiked by 1 person
Dankie Una xx
LikeLike
Dit voel vir my soos drie jaar in een! So, ek’s nie verbaas jy’s so moeg nie … maar ten spyte van jou moeg, het jy dit pragtig verwoord in jou gedig. Ek hoop die moeg raak moeg vir jou en gee pad!!
LikeLiked by 1 person
Ja wat ‘n ongelooflike jaar was dit gewees. En tog, hier is ons …. ons kan nog skryf en gesels. Ons kan uitreik na mekaar. Ons kan die voëltjies in die bome hoor sing. Moeg and all, life is good!!!
LikeLiked by 1 person