My week in kort …. รฉn, Waar skryf jy?

Ek plaas sommer gou my eie persoonlike gesigboekie plasing van vanoggend hier.

Vir die gesoute Bloggers hier tussen ons, het jy slegs een spasie waar jy jou skryfwerk plaas? Hoe besluit mens wat die beste platform is? Is daar van julle wat ook al effens oorweldig gevoel het?

Verder hoop ek dit gaan goed by jou.

LollaseGroete xx

14 thoughts on “My week in kort …. รฉn, Waar skryf jy?”

  1. Lolla, dit klink asof jou week vol veranderinge was- swaar maar ook gied. Sterkte.

    Ek is deesdae n lui blogger- veral vandat ek n andee laptop gekry het met wie ek nie eintlik eye to eye sien nie. Ek skryf soms, maar meestal plaas ek dit maar net op my WordPressblog. Dis natuurlik beter om dit op die ander platforms ook te plaas om later “bekendheid” te kry. Ek sien baie voormalige bloggers blog nou sommer direk op facebook. ‘n Mens leer hulle name ken, veral as jy n prentjie bysit, of n video. As jy eendag ‘n boek skryf, ken die mense reeds jou naam, en glo ek, sal jou boek makliker verkoop.

    Liked by 1 person

    1. Hello liewe seegogga. Ja dit was ‘n swaar week, maar ons dra mos maar eintlik nooit rerig alleen aan die swaar goete nie.

      Dankie vir jou inloer hier. Ek waardeer die insette. Jy is ‘n inspirasie vir my. Mag jy wel jou nuwe laptop baasraak. โ™ก

      Like

  2. Seegogga praat waar oor die skryf as ‘n blogger. In die verlede het ek altyd eers my skryfwerk eenkant uitegeskryf en verander waar ek wou. Daarna ‘n foto of wat gebruik. Ek het ook in die begin sommer uitdagings aangebied. Die ouens het dit baie geniet. Al daardie skryfsels het ek steeds in folders op my laptop. Het dit ook in jare gedateer. Ek het alles op een blog gedoen in begin. Op einde het ek ‘n Afrikaanse domain gekoop en net daar geskryf omdat my gewone blog vol is. Vandag plaas ek nie regtig meer poste nie. Dis te veel moeite. Ek voel meer as een plek om te werk is handig.

    Liked by 1 person

    1. Liewe scrapy, ek hoor jou. Jou idee van alles in gedateerde ๐Ÿ“‚ te hou is ๐Ÿ‘Œ. En ek hou van die uitdaging-idee maar kon dit nog nie self regkry nie.

      Ek voel soms soos ‘n huigelaar as ek myself ‘n skrywer noem. Om hierdie titel werklik te verdien moet ek beslis ‘n meer gereelde ritme met my skryfwerk vind.
      Is jy nog hier in SA?
      ๐ŸŒท๐ŸŒท๐ŸŒท

      Like

      1. Ek is al van 2009 in New Zealand. Hier is ‘n skakel na my Afrikaans blog. Ek sien ek het in Februarie laas daar geskryf. In tussentyd het ek elke maand se ondervindings aangeteken op laptop. Party dae sommer hele week se dinge neergeskryf. https://kreuk-els.com/ Laat weet as jy nie daar uitkom nie dan stuur ek ‘n ander skakel. Natuurlik is jy ‘n skrywer. Jy het al baie geskryf. Dit is maar net van aanhou en telkens weer skryf. Waaroor wil jy eintlik skryf? My aantekeninge oor my Memoirs het my al tonne laat skryf.

        Like

  3. Ai, Lolla, jammer dat jy swaarkry. Ek skryf soos wat ‘n voรซltjie sing – nie omdat ek wil nie, maar omdat ek nie anders kan nie. Net hier in Blogland, dis te persoonlik vir Facebook. Die reaksies en insette van goeie blogvriende is kosbaar!

    Liked by 1 person

    1. Tannie Frannie, ek dink ons almal kry maar swaar, elkeen dra haar pakkerasie so goed ons kan. Soms wonder ek of ek as ‘n donkersiel oorkom in my skryf. Feite, die lewe het my al ‘n hele paar keer met klitsgras en modder gegooi, maar die lewe is mos darm nie net oor die oppe of die affe nie.
      Ek deel nog altyd maklik. Naief en heelemal te oop, maar skryf waz maar nog altyd deel van my wese.
      Dankie vir Tannie se inloer hier. Ek stem, terugvoer en insette van medebloggers is kosbaar.
      ๐Ÿฆ‹๐Ÿฆ‹๐Ÿฆ‹๐Ÿฆ‹

      Liked by 1 person

  4. Hi Lolla, sorry man….dis erg waardeur jy gaan. Ek voel die eina en dan help die flippin koue ook nie! Ek skryf net hier in Blogland. Jare terug het ek deelgeneem aan uitdagings op FB maar ek het genoeg van dit gehad. Nou skryf ek so dan en wan

    Liked by 1 person

    1. Hi daar Woordnoot. Hoop jy bly warm- lyk my ons is in vir n ysige winter.

      Ek wil so graag meer skryf, woeker met my skryf maar als het so verander en meeste van die tyd voel ek oorweldig. Dan eindig ek op om glad nie te skryf nie. ๐Ÿง๐Ÿซฃ๐Ÿ˜†

      Liked by 1 person

  5. Ek het al beslis oorweldig gevoel โ€“ veral wanneer daar soveel platforms is en elkeen voel soos nรณg โ€™n plek waar jy “moet” wees. Ek probeer nou alles so veel moontlik op een plek hou, net vir my eie gemoedsrus. Dis nie altyd maklik om te kies nie, maar ek het agtergekom dit help om te vra: waar voel ek die mees tuis met my woorde? En watter platform pas by my ritme en my gehoor? Dis nie โ€™n een-grootte-pas-almal nie, en dis ook okay om te verander soos jy groei.

    Liked by 1 person

Comments are closed.