Ontspan & Herstel

So bespreek ek vir my en skoondogter vroeer die week ‘n bederf spa behandeling, wat onder andere ‘n uur-lange aromaterapie vollyf massering asook 30 minute peppermint hand-en-voet behandelings insluit.

Dis weereens ‘n koel oggend na nog ‘n reenerige aand.  Ek is mal oor die weer, maar my lyf waardeer nie die kouer, klammigheid nie. 

My knopperige artritus-vingers raak meer knopperig by die dag.  Die aanvanklike ongemak en styfgeit het nou plekgemaak vir skerp ‘elektriese’ steekpyn, wat ondraaglik raak wanneer ek my vingers inspan om byvoorbeeld deure of bottels oop te maak – die geringste klein-motoriese bewegings veroorsaak tandekners pyn.

Ons sal die volgende paar ure versigtig navigeer, maar ek is oortuig dat ek die paar ure se lyfbederf baie gaan geniet.  O ja, en later beplan ek om ‘n heerlike melkskommel te loop soek.

Ek hoop jy doen ook vandag  iets gaafs en lekker vir jouself.

LollaseGroete 🌼 🌸 🌻 🌹

4 thoughts on “Ontspan & Herstel”

Comments are closed.