So is dit weer Nuwejaar
en al beplan jy geen “nuwejaars voornemens” nie,
belowe jy tog jouself dat
jy NOU gaan begin werk aan ‘n paar gewoonte-verstellings, wat hopelik volhoubaar sal wees.
Jy vertel vir jou kop dat jy hierdie jaar elke liewe dag iets gaan probeer skryf ….. want tydens 2024 het jou skryf verhuis …. dis asof dit deel geword het van ‘n ‘witnessprotectionprogramme’.
So, jy vertel vir jou kop dat al skryf jy net 3 woorde per dag, skryf moet jy skryf. En juis te beter as jy woorde met waarde skryf. Of ietsie wat ‘n lag of ‘n traan lostorring. Hoe, wat en waar die skryf gaan gebeur, en met wie ek dit gaan deel, is nog in die bedinkingsfase. Maar ja, ek sal graag hierdie plan (of is dit ‘n belofte aan myself) wil nakom.
Soos soveel ander ‘nuwejare’ vantevore, sou ek graag wil gewig verloor, en fikser raak. Maar kyk, ek gaan nie jok nie, met my diepe passie vir lekker eetgoed en my redelike stilsittende leefstyl, gaan hierdie ‘n groot kopswaai (en heupswaai, en biscuit skud, ensovoorts) vereis.
Slowly does it …. use it or loose it …. probeer is die beste geweer ….. aanhouer wen … positive vibes …. just do it ……
Okay, ek hou julle dus iewers tydens 2025 op hoogte van hoe dit in my kop (en met my lyf) gaan.
LollaseGroete
#lollasegoete #lollasthingz #2025 #skryf #afrikaans #lolladroomgroot

Geniet elke oomblik. Kan nie wag om jou 2025 skryfsels te lees nie!
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die inloer. Ons glo hierdie gaan ‘n goeie en productive jaar wees.
LikeLike
Ek moet sê, ek vertel nou al 6 maande lank vir almal wat wil hoor dat ek meer gaan skryf? En? Sien jy iets?🤣
LikeLiked by 1 person
🤣🤠Nou toe, dink ons altwee moet bietjie agter ons penne inskuif, of hoe.
LikeLiked by 1 person
Dit klink so,nê!
LikeLiked by 1 person