Sê jou sê
al het die wêreld se dinge
jou sê ge-mislê
Al is jou poegaai
pê-ër as pê
moet jy praat,
eerlik en reguit,
geen siels-plagiaat.
Praat uit jou hart al
is die eerlik soms swaar.
Woorde het waarde en help
herinneringe bewaar
Sê jou sê
Praat die goete wat
diep in jou hart lê.