Voor dit te laat is

Hoe dikwels skeep ons nie juis daardie dinge wat ons siele voed, so blatant af nie.

Doen jy dit ook?

Dinge wat jou hart bietjie warmer laat klop.  Meestal is hierdie eenvoudige, ongekompliseerde dinge. Soos om vir ‘n rukkie kaalvoet buite op die gras te gaan stap. Of om gou ‘n geliefde te bel en net vinnig op te vang. Dalk, om saans onder die oop sterrehemel te gaan staan, op te kyk, stil te raak en vir ‘n rukkie net diep asem te haal.

Dit maak soms die verskil tussen net hier wees en werklik lééf.

As daai kersvlam jou hart warm maak, ggrrrts daai vuurhoutjie en laat die kersie brand. Want, as jy die stof te lank laat opgaar is dit dalk nou-nou te laat.

#ekisskuldig

9 thoughts on “Voor dit te laat is”

    1. Ons sit soms (nie genoeg nie) buite op ons stoep en kyk sterre. Probeer om van die planete te identifiseer. Soms gaan haal ek my klein groentjie teleskoop en ons verbeel onsself vir ‘n rukkie ons is slim.
      Daai oomblikke onder die sterre is van die bestes ooit.

      Liked by 1 person

  1. Net toe ek op my kwaadste alles wat ongeleë breek, reggemaak of vervang moet word en bakkie-kontrakteurs wat arrogant is en mense uitbuit… laat jy my skuldig voel. Dankie hiervoor.

    Liked by 1 person

    1. Dalk moet ons nie skuldig voel nie. Dalk eerder net sagter met onsself, want die wereld en sy mense is soms hard genoeg. Ek hoop nie jy voel meer skuldig nie. En ek hoop dat jy wél vandat ietsie lekkers vir jouself doen. ♡

      Like

  2. in stilwees en vertroue daar lê ons krag. Vandat ons hier in Napier kom bly het is ons baie besig, maar ek koester my stil oomblikke op my stoep om net te staar in die niet en die geluide van die natuur in te drink.

    Liked by 1 person

Comments are closed.