Hoe dikwels skeep ons nie juis daardie dinge wat ons siele voed, so blatant af nie.
Doen jy dit ook?
Dinge wat jou hart bietjie warmer laat klop. Meestal is hierdie eenvoudige, ongekompliseerde dinge. Soos om vir ‘n rukkie kaalvoet buite op die gras te gaan stap. Of om gou ‘n geliefde te bel en net vinnig op te vang. Dalk, om saans onder die oop sterrehemel te gaan staan, op te kyk, stil te raak en vir ‘n rukkie net diep asem te haal.
Dit maak soms die verskil tussen net hier wees en werklik lééf.
As daai kersvlam jou hart warm maak, ggrrrts daai vuurhoutjie en laat die kersie brand. Want, as jy die stof te lank laat opgaar is dit dalk nou-nou te laat.
#ekisskuldig

Oe Lolla, ek is ook skuldig!
LikeLiked by 2 people
Ai Toortsie ek dink ons almal is soms skuldig. Dankie tog ons het mekaar om elke nou en dan te herinner wat rerig saakmaak. ♡
LikeLiked by 1 person
Daai onder die sterrehemel staan en net wees, ek moet dit doen.
LikeLiked by 1 person
Ons sit soms (nie genoeg nie) buite op ons stoep en kyk sterre. Probeer om van die planete te identifiseer. Soms gaan haal ek my klein groentjie teleskoop en ons verbeel onsself vir ‘n rukkie ons is slim.
Daai oomblikke onder die sterre is van die bestes ooit.
LikeLiked by 1 person
Net toe ek op my kwaadste alles wat ongeleë breek, reggemaak of vervang moet word en bakkie-kontrakteurs wat arrogant is en mense uitbuit… laat jy my skuldig voel. Dankie hiervoor.
LikeLiked by 1 person
Dalk moet ons nie skuldig voel nie. Dalk eerder net sagter met onsself, want die wereld en sy mense is soms hard genoeg. Ek hoop nie jy voel meer skuldig nie. En ek hoop dat jy wél vandat ietsie lekkers vir jouself doen. ♡
LikeLike
Ek staan heel voor in hierdie ry, Lolla! 😬
LikeLike
En ek, ek is ook skuldig
LikeLike
in stilwees en vertroue daar lê ons krag. Vandat ons hier in Napier kom bly het is ons baie besig, maar ek koester my stil oomblikke op my stoep om net te staar in die niet en die geluide van die natuur in te drink.
LikeLiked by 1 person