Die kleurvolle Goue Vroue feetjies babbel oor Wats-op. Una pluk ‘n enorme wortel uit haar Mosambiekse gooiingsak en die ander Goues gryp na hulle slim-toestelle. Seegogga het mos immers vanoggend ‘n uitdaging in ons midde gegooi. Skryf ‘n blog. Ek dink nogal dit was goeie tydsberekening, want sommiges van ons kort ‘n effense skop onner die alie.

So is dit weer Desember. Vreemd hoe hierdie tyd van die jaar my dikwels aan die gorrelgat beetkry. Soveel hartseer in hierdie wêreld, en hierdie sensitiewe siel is nou maar eenmaal nie opgewasse teen al die rou seer en kak en drama nie.
Maar dis ook ‘n wonderlike tyd waar ons herinner word aan ‘n Genade wat groter is as wat enige-een van ons ooit sal weet.
Vir ons Rebus partytjie pak ek baie kaasworsies, ‘n yskoue bottel Zoerdoef en Gaviscon. Ooh ja, en spookasem.
Hierdie jaar was tot barstens toe vol – goed en minder goed. Ek is dankbaar vir God se Genade. My hart bloei oor die chaos in ons wêreld. Maar ek hou vas aan Die Lig.
My wense vir jóú hierdie Kersfees is dat jy die Here se Hande voel wat om jou vou. Dat seeninge, geluk en liefde jou laat snak na jou asem en dat jy altyd sal weet hoe wonderlik spesiaal jy is.
Lolla se Kersfeesgroete – met Liefde ✨️🙏🎄
Spookasem!
LikeLiked by 2 people
Lolla, jy is n Goue Vrou by uitnemendheid. Baulie dankie vir darie spookasem! En baie dankue vir jou mooi Kerswense. Ja, ons het almal daardie Genade en Liefde si nodig. En jy is eerste! Lekker vakansie hou by Una!
LikeLiked by 2 people
Dankie liefste Seegogga. Ek stuur liefde ♡
LikeLike
Dis nou vir my interessant om te sien wat is jou voorkeur kos en drinkgoed vir ñ partytjie, Lolla. Kaasworsie en spookasem! Kyk, tot Positief nie onlangs hier was nie het ek glad nie geweet wat Zoerdoef is nie.😉
LikeLiked by 2 people
Ek weet glad nie wat Zoersoef is nie! 😝
LikeLiked by 2 people
So ‘n stoute grenadilla shootertjie. Heerlik.
LikeLiked by 1 person
Oelalaaaaaa! Net wat ons nodig het!
LikeLike
Ooeww jinne Una Zoerdoef is vreeslik lekker. Ek kan my sommer stuitig vergryp so elke nou en dan. 😉
LikeLiked by 1 person
O ja, daai alles moet natuurlik ook ingepak word as julle hierheen kom!
LikeLiked by 2 people
😁😃 verseker
LikeLike
Kaasworsies! Spookasem! En bottels en bottels … so mooi geskryf.
Rebusfontein lewe weer!
Ek hoop jy kry ‘n lekker ruskansie.
LikeLiked by 2 people
Baie dankie liefste Toortsie. Selfde daar by jou. 💛
LikeLike
Staan agter die deur en eet saam, whaaaaaaaaaaa spookasem!
LikeLiked by 1 person
Njummie
LikeLiked by 1 person
Sjoe,ooi, mooi wense. Geniet jou week by die see, jy verdien dit so baie! My kaaskoekresep word dteeds getoets. Ek flop dit om een of ander rede elke keer …
LikeLiked by 1 person
Wens ek kon help toets aan daai kaaskoek !
Mooi Desember vir jou Christa xx
LikeLiked by 1 person
Ek gaan resep gee, kyk of jy dit kry om nie te flop nie.
LikeLike
Ek het geplaas, dit het die keer sowaar gewerk. Baie lekker. Laat weet hoe dit proe, sal jy?
LikeLike
Ek sal daai spookasem pass, maar ek hoop daar is baie worsies! En ek sal ook wil proe aan daai Zoerdoef…klink soos SoColime….eksoties! Beste wense vir jou ook, liewe Lolla!!
LikeLiked by 1 person
Mooiste wense vir jou ook Woordnoot. Sien jou op fb en wapp. Hoop jou Desember is rustig en mooi.
LikeLiked by 1 person
Oe..en daar is n spesiale mensie by jul kerspartytjie!!! Geniet elke oomblik!
LikeLiked by 1 person
Maak so dankie Ria.
LikeLiked by 1 person
Ek hou van alles wat jy pak. Goeie keuses. Ek is baie bly jy klou vas aan die mooi
LikeLike
Sal moet daai Zoerdoff toets, nog nooit van gehoor nie. By die kaasworsies staan ek voor in die ry. Ons kan weer in kontak kom by ons kindwees, met daai spookasem. Klink heerlik.
LikeLike