Verandering

(Soos op FB ook gepos)

🎵 Hier’s ek weer hier’s ek weer
Om nog een keer te probeer…..

Ek wil dit sê
En ek gaan dit sê 🎶
Al slaan jou ma my
(Julle beurt, vul die lyntjie in)
Ek sal dit sê, al gaan ons stry … ☆☺️🎵

○●○●○●○●○●○●○●○●

So saam met die Lewe wat oor die laaste dekade drasties en dramaties verander het, het dít wat ons doen en hóé ons dit doen merkwaardiglik en soms ongemaklikrig verander.

Van julle sal onthou hoe ek genotlik en simpel-blatant eerlik op hierdie einste platform my hart en kop met julle en die wêreld kom deel het. Sonder voorgee en gevaarlik eerlik.  Maar, een van die waarste konstantes van ons bestaan is die feit genaamd VERANDERING.  Dis absoluut onontbeerlik dat ons ons ‘aanpasbaarheid’  voortdurend moet oefen (oorlewingssoepelheid) en toepas.

Wel, truth be told, …. ek met my vet-flenters lyf en gekrokte senuweestelsel het in 51+ jare my “weer-probeer” tot op die been deurgewerk.  En hier besef ek skielik (alweer) dat daar ‘n tyd is om sekere dinge te laat gaan. Sommige handdoeke moet ingegooi word, wit vlae moet hoog gehys word, boeke moet toegemaak word en true moet opgegee word.

Ek het myself aan die begin van 2023 oortuig dat my woord vir hierdie jaar sou wees “LESS”. Maar tot nou toe kon ek dit nog nie toepas soos die intensie was nie.

So besef ek;  dis tyd!!! Sekere dinge moet gaan, sekeres moet verander en geskaaf word.  Ekself het nou al ‘n paar keer my hoeveelste ‘coat of many colours’ deurgeleef.

Wel dit was ‘n bekvol. Eintlik sê ek net ek is nog hier maar soos die res van die wêreld is ek intens-anders. 

Ek skryf nog, maar anders.
Ek probeer nog, maar anders.
Ek leef nog, maar anders.

15 thoughts on “Verandering”

  1. Dis goed as mens kan vrede maak. Ek her nou vrede gemaak daarmee dat ek nooit Kilimanjaro sal klim nie, dat ek waarskynlik nooit Finaal sal speel nie, dat ek nie n bekende skrywer sal word óf ‘n kunstenaar nie. En dis OK. Ek hunker nie meer daarna nie. So skryf, liewe Lolla, skryf met liefde anders. Bly net asb n Goue Vrou!

    Liked by 2 people

  2. Ons hoef nie meer als te bewys, als te doen, als te wees….ons mag net nooit ophou om ons talente te gebruik…al is dit net 10 persent! Jy het baie, gebruik dit soos jy kan, maar hou net aan.

    Liked by 2 people

Comments are closed.