Die groeiende bolmaan hang vol-in-blom soos ‘n wafferse eersteklas gimnas hier buite in die pikswartnag.
Die allemintige grootmoeg wat my nou al ‘n helse ellelange tyd aan die gorrelgat beet het, prik prik soos gewoonlik aan my behoeftevolle planne om ietsie te skryf.
Kiekieplak-staatmaker kortpad is my voorland.
Ek loop in die nagdonkerte badkamer toe, met die huis se binnegoete helder verlig in vanaand se gesellige Waterdraer maanglans. Nou-nou kry ek vir Kleinsus in droomland, diΓ© keer onner ‘n poerringboom, nogals.






Dis al! Lollasegroete β‘
Mooi geskryf!. Toe ek klein was het ek van poering gepraat (sien jy glansende jellie, deurskynened en trillend of sappige vrugteslaai?) Ek het geweet die woord is poeding, maar het niks daavan gehou nie- dit klink so dik en degerig. Poering moes dit wees!
LikeLiked by 1 person
Pragtige fotoβs, ons het gasstoof ingesit en ek kook nou water net daarop. In hierdie suidelike land β¦
LikeLiked by 1 person
Gasstowe raak onontbeerlik of hoe Christa?
LikeLiked by 1 person
Absoluut, as ek my koffie kan maak as daar nie krag is nie, is ek klaar baie minder kwaad!
LikeLiked by 1 person
π
LikeLike
Mooi geskryf, Lolla.π€
LikeLiked by 2 people
Hlo Una πΊ
Baie dankie xx en lekker week vir jou.
LikeLiked by 1 person
Die koppie is alle-pragtig, so ook die honde kinders. Ek eggo Una se woorde: “Mooi geskryf”.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie π€
LikeLike