Die Maan, Kiekies en ‘n Poerringboom

Die groeiende bolmaan hang vol-in-blom soos ‘n wafferse eersteklas gimnas hier buite in die pikswartnag.

Die allemintige grootmoeg wat my nou al ‘n helse ellelange tyd aan die gorrelgat beet het, prik prik soos gewoonlik aan my behoeftevolle planne om ietsie te skryf.

Kiekieplak-staatmaker kortpad is my voorland.

Ek loop in die nagdonkerte badkamer toe, met die huis se binnegoete helder verlig in vanaand se gesellige Waterdraer maanglans. Nou-nou kry ek vir Kleinsus in droomland, diΓ© keer onner ‘n poerringboom, nogals.

Pixie en Vlooi is nou al lekker in Snorkvallei – hier vroeer toe almal vir die aand kom inkruip het
Jy was immers so mooi vir my
Vroeer die week …. koffiemaak in ons liewe Suidelike land
Ouma sien uit maal twee
Kunsmatige Intelligensie jou oulike ding
Sommer net nog ‘n kiekie

Dis al! Lollasegroete β™‘

9 thoughts on “Die Maan, Kiekies en ‘n Poerringboom”

  1. Mooi geskryf!. Toe ek klein was het ek van poering gepraat (sien jy glansende jellie, deurskynened en trillend of sappige vrugteslaai?) Ek het geweet die woord is poeding, maar het niks daavan gehou nie- dit klink so dik en degerig. Poering moes dit wees!

    Liked by 1 person

Comments are closed.