Het jy ook ‘n aanlyn stokperdjie? Of dalk ‘n paar? Luister jy na oudio boeke? Speel jy aanlyn speletjies, toets jou woordeskat, volg ‘n ‘sit jou foon neer en oefen’ toep?
Doen jy aanlyn legkaarte of, soos ek, kleur jy in? Het die hele aanlynwereld jou ook half in ‘n wanfunksionele halfmens verander. Kry jý die balans reg?
Hoe lyk jou aanlyn statistieke? En hou jy by ….. of voel jy, nes ek, half oor die muur en ekstra oud?
Hoe voel jy oor al die aanloklike, altyd-vernuwende aanlyn poorte waar ‘n boksie in jou hand ‘n wêreld sonder grense maar ook sonder genade voor jou neersit?
Ek is half-en-half in two minds…… of is dit eerder in two billion minds? 🤔🙄🤭


Lolla-groete ♡
Ek het nooit genoeg tyd nie- om te skilder, te skryf, huis skoon te maak, te raam, of niks nie- maar as ek mooi dink, besef ek ek het n halfuur lank( of n uur? Op die sel rondgekuiee…(toegegee saans laat of soggens vroeg, maar darem!)
LikeLiked by 1 person
Jip, dit sluk mens baie vinnig in of hoe Seegogga?
LikeLike
Dit sluk ‘n mens baie vinnig in as mens eenmaal gaan sit en lees/kyk. Ek vee sommer van begin af al my boodskappe af voordat ek gaan sit om belangrike stukke te lees of deur te kyk.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n goeie strategie
LikeLike
Werk nogal vir my. Want die aanhoudende sittery om te kyk wat alles vertel is tydrowend.
LikeLike
Ek stem. Tydrowend en uitputtend. Ek bieg, ek sukkel effens tans om uit die bose maalkolk te ontsnap.
LikeLike
Snaaks dat mens tog telkens weer ingeslurp word as mens nie regtig sterk staan nie.
LikeLike
Feite
LikeLiked by 1 person
Ek is soms effe skrikkerig om te sien waarheen die tegnologie hardloop! Soos jy, kleur ek ook in op my foon (dit gebeur gewoonlik saans net voor ek gaan slaap), maar andersins is die naaste wat ek aan tegnologie kom, ons blog op my skoot rekenaar. As ek na ons vriende se 20+ jarige kinders kyk, is ek ver-ver agter … maar ek lees nog lekker met ‘n regte boek in my hand en dit pla my nie 😉.
LikeLiked by 2 people
Ek stem saam. ‘n Regte boek bly pure lekkerte.
LikeLike
Ja, ja en ja…luister podcasts terwyl ek op my foon inkleur, of brei handskoene terwyl ek Netflix…..my tyd is tans effe ongemaklik ongebalanseerd.
LikeLiked by 1 person
Ek geniet ook hekel of brei as ons saans tv kyk.
Dink aan jou. xx
LikeLiked by 1 person
Ek geniet nog om n regte boek te lees. Speel 2 aanlyn speletjies om my brein wakker te hou, hekel terwyl ek TV kyk. Probeer af en toe te skilder en dan natuurlik blog ek ook
LikeLiked by 1 person
Klink soos ‘n baie goeie balans 👌
LikeLike
Dankie, 😀
LikeLiked by 1 person
Sjoe, dit is pragtig. Watter toeps gebruik jy?
LikeLiked by 1 person
Hi daar Christa
Opdie oomblik Fancy Color, Zen Color en Colorscapes
LikeLiked by 1 person
Ek dink ek moet ook daarmee speel, moet mens baie kunstig wees om te kan?
LikeLiked by 1 person
Nee, dis baie maklik. En nie werklik inkleur soos in ‘n regte-egte boek met potlode nie. Die prentjies is in klein genommerde stukkies verdeel en elke nommer het ‘n kleur. Baie maklik, maar soos ek sê dit sluk gou jou ⏲️ in.
LikeLiked by 1 person
En dit is so mooi!
LikeLiked by 1 person
Groot dief die foon. Ons het almal maar iets wat tyd steel. Ek nou gedwing om te swôt, maar het darem foon tyd geruil vir lees in aand en dit was heerlik! Niks ernstigs nie, net lekker en gemaklike less…whaaaaa, gaan dit mis. Maar, het besluit naweke is ook tyd vir lees. Let the games begin…🫣
LikeLiked by 1 person
Heng wat swot jy? Vertel bietjie. Sterkte ne.
LikeLiked by 1 person
Lolla…moet nie vra nie. Ek voel so dom soos ‘n brood. Moet master class goed leer oor functional digestion/ gut goete en sal jou sê ek en biochem leef nie op dieselfde planeet nie. So ek leer beginner level om te probeer uitvind waarvan die vrou praat😄🫣, maar doen gaan ek hom doen
LikeLiked by 1 person
Ek hou duime vas en cheer vir jou hier van die kantlyn af. Jip, jy gaan vir hom gedoen kry. ♡☆
LikeLiked by 1 person
Lol, dankie vir cheer, ek kom sit so af en toe by jou oppi paweljoen😉🌻
LikeLiked by 1 person
Dis reg, ek hou vir jou ‘n plekkie 🤗
LikeLiked by 1 person
Nee nie oor die muur en oud 🤣
LikeLiked by 1 person
Laffie…. hoeko voel dit dan so? Huh? 😂
LikeLiked by 1 person
Dalk (slegs) omdat jy ouma word 🙂 en, omdat jy my so min sien
LikeLiked by 1 person
😊🙂😉 jy sien!!
LikeLike
Ek het as kind ensiklopedieë gelees vir ontspanning. Nou is die google nuusbrokke en 3 speletjies my tydverdryf
LikeLiked by 1 person