Aanlyn Tydgapsers

Het jy ook ‘n aanlyn stokperdjie? Of dalk ‘n paar? Luister jy na oudio boeke? Speel jy aanlyn speletjies, toets jou woordeskat, volg ‘n ‘sit jou foon neer en oefen’ toep?

Doen jy aanlyn legkaarte of, soos ek, kleur jy in? Het die hele aanlynwereld jou ook half in ‘n wanfunksionele halfmens verander. Kry jý die balans reg?

Hoe lyk jou aanlyn statistieke? En hou jy by ….. of voel jy, nes ek, half oor die muur en ekstra oud?

Hoe voel jy oor al die aanloklike, altyd-vernuwende aanlyn poorte waar ‘n boksie in jou hand ‘n wêreld sonder grense maar ook sonder genade voor jou neersit?

Ek is half-en-half in two minds…… of is dit eerder in two billion minds? 🤔🙄🤭

Lolla-groete ♡

31 thoughts on “Aanlyn Tydgapsers”

  1. Ek het nooit genoeg tyd nie- om te skilder, te skryf, huis skoon te maak, te raam, of niks nie- maar as ek mooi dink, besef ek ek het n halfuur lank( of n uur? Op die sel rondgekuiee…(toegegee saans laat of soggens vroeg, maar darem!)

    Liked by 1 person

  2. Ek is soms effe skrikkerig om te sien waarheen die tegnologie hardloop! Soos jy, kleur ek ook in op my foon (dit gebeur gewoonlik saans net voor ek gaan slaap), maar andersins is die naaste wat ek aan tegnologie kom, ons blog op my skoot rekenaar. As ek na ons vriende se 20+ jarige kinders kyk, is ek ver-ver agter … maar ek lees nog lekker met ‘n regte boek in my hand en dit pla my nie 😉.

    Liked by 2 people

  3. Ja, ja en ja…luister podcasts terwyl ek op my foon inkleur, of brei handskoene terwyl ek Netflix…..my tyd is tans effe ongemaklik ongebalanseerd.

    Liked by 1 person

      1. Nee, dis baie maklik. En nie werklik inkleur soos in ‘n regte-egte boek met potlode nie. Die prentjies is in klein genommerde stukkies verdeel en elke nommer het ‘n kleur. Baie maklik, maar soos ek sê dit sluk gou jou ⏲️ in.

        Liked by 1 person

  4. Groot dief die foon. Ons het almal maar iets wat tyd steel. Ek nou gedwing om te swôt, maar het darem foon tyd geruil vir lees in aand en dit was heerlik! Niks ernstigs nie, net lekker en gemaklike less…whaaaaa, gaan dit mis. Maar, het besluit naweke is ook tyd vir lees. Let the games begin…🫣

    Liked by 1 person

      1. Lolla…moet nie vra nie. Ek voel so dom soos ‘n brood. Moet master class goed leer oor functional digestion/ gut goete en sal jou sê ek en biochem leef nie op dieselfde planeet nie. So ek leer beginner level om te probeer uitvind waarvan die vrou praat😄🫣, maar doen gaan ek hom doen

        Liked by 1 person

Comments are closed.