So loop lê ek vroeer in ‘n stomende bad met soute en borrels en ‘n net-so-stomende beker koffie.
Dit is ysiglik, ontsettend koud vandag. Die wind waai al heeloggend tussen 24 – 36 kph in ‘n Noordelike rigting. Of altans, so beweer my twee weer-toeps.
Ek lê en kyk deur al die nuus en boodskappies op my foon. Praat met paar vriendinne, plaas ‘n klient se bestelling, sorteer fotos.
Die koffie is al laaankal klaar gedrink. Ek tap so met my groottoon 2 maal nog warm water by. Ek week, was en prokrastineer soos ‘n kenner.
Dis toe dat ek voel hoe my ore pyn. Dis omtrent net my ore, boobs, stukkie pens en paar tone wat bo die watervlak uitsteek. O, en my gebuigde knieë. Ek loer vlugtig na die tyd op my foonskerm. Goeie Liefe Donnor tog ek lê al ampertjies 2 ure in die bad. 🙄🫨😳🥶
Die uitklim was moeiliker as die inklim. Daar loop darm nou weer bloed deur al die gevriesde are. Die rinkelvel is amper weer glad. Maar my ore pyn steeds.
More stort ek!!!
Lolla-wintergroete ♡
Ek bad ook. Lekker kank, met lort kirt warm watee by. Want stort is net te koud. Ek sak stort as ek te oud is om te bad. Maar 2h lank in d winter is dalk bietjie te lank.
LikeLiked by 1 person
Heng ja seegogga verseker bietjie te lank. Nou kry ek nie die koue uit my lyf uit nie. 🤣
LikeLiked by 1 person
Ek het jou kraan gisteraand in die kroeg ontmoet…
LikeLike
Ag so lang bad is mos lekker. Enjoy. Vat sommer n fles met warm tee of koffie saam bad toe
LikeLiked by 1 person
Die fles is ‘n goeie plan
LikeLiked by 1 person
So ‘n lekker le in die bad is pure vreugde (as niemand jou natuurlik pla nie)! Draai jou maar toe in warm goete en maak hot chocolate ☕️ … of wag, eet sommer sjokolade – dit sal beslis help!!
LikeLiked by 1 person
Dis baie goeie raad, dankie. Nou nie gedinn sjokolade sal my opwarm nie, maar ek tap nou sommer weer ‘n bad om dit uit te probeer. 😊
LikeLiked by 1 person
Ag dit klink lekker kan dink jy het begin koud word.
LikeLiked by 1 person
Lang bad is uit by my. Ons 2 ou mense bad in een bad water ( om te spaar) so omdat ek met n haastige man getroud is moet ek splish splash deur die bad…dan klim hy in en??????? Lê!!!! Ek sê maar niks. Eendag sal ek weer my eie bad en tyd hê😅
LikeLiked by 1 person
☺️ a nee a sê vir hom julle moet beurte maak
LikeLiked by 1 person
Ek splish splash ook gewoonlik, Saterdae sal ek soms bietjie langer lê, maar 2 ure, joh dis lank. Ekke hou nie van stort nie, my hare raak nat en daar is altyd die keuse van of voor of agter nat en die ander kant kry koud, nee dankie.
LikeLiked by 1 person
Ja daai amper 2 ure was verseker buitengewoon Positief. Ek verkies ook eerder ‘n bad bo stort.
LikeLike
Jy sal weer moet bad en vertel, ek is nou self lus vir bad al stort ek al meer en meer
LikeLiked by 1 person
Ek verkies bad Christa. Het vir jare lank net gestort maar deesdae geniet ek ‘n lekker warm bad meer as stort.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ek moet terugskakel na bad, maar ek kry so maklik urienweginfeksie, en stort help daarvoor.
LikeLike
Nee heng as dit beter is vir jou om te stort hou dan daarby. Wat van een lekker bederf-bad elke 2de week?
LikeLiked by 1 person
Goeie plan, ek sal daaraan kan werk …
LikeLiked by 1 person
Ek bad ook!
LikeLiked by 1 person
Ook sulke laaaang bad Toortsie, of tap jy, spring in, skrop, spring uit?
LikeLiked by 1 person
Nie heeltemal so lank nie, maar ek lê beslis ook ‘n rukkie en ontspan.
LikeLiked by 1 person