
Plat op my rug
in die bad
voete teen die muur, ore
in die water.
Kop-tyd. Dink-tyd.
Vergeet-van-tyd-tyd.
Borste twee teenoorgestelde pole,
soos twee groot plat plaatkoekies.
Ore verlore en vol water,
weg, weg van die wereld se lawaai.
Saligheid.
Net vir ‘n oomblik.
Sjampoe-&-seep.
Afspoel.
Afdroog.
Afkoel.