Somehow I’ve lost my Share link to social media on my blog posts. This is a quick test to see if my post will now be shared.
And while we are here ….. HOW’S EVERYONE DOING?
Somehow I’ve lost my Share link to social media on my blog posts. This is a quick test to see if my post will now be shared.
And while we are here ….. HOW’S EVERYONE DOING?
Use all the energy – the good and the bad – to create something beautiful…
November 2022 – my dogter stel voor ek hekel ‘n jaarlange emosiekombers toe ek wonder oor my volgende projek. Ek was onmiddellik in my noppies met die vooruitsig. So begin die beplanning: watter tipe wol, grootte hekelpen, kleure per emosie en watter emosies sal ek vasvang.
Na ‘n bietjie navorsing allokeer ek kleure aan n stel emosies. Soos wat die hekel dag na dag vorder en die blokkies (1 per dag) meer word, besef ek hoé baie emosies (en gevoellens) daar is. Oor die volgende 2 maande voeg ek by, skaaf en verander waar nodig. So besef ek presies hóé belangrik deeglike, weldeurdagte beplanning is voor die aanpak van so ‘n lywige projek.
Twee toetsblokkies skop die kombers af en dan vertel die rye, bestaande uit 14 blokkies elk (dus 2 weke) ‘n kleurvolle storie van hoe ek op ‘n spesifieke tyd gevoel het. Ek besef hoe ek met hierdie hekel-kombers my innerlike gevoelsruimte oopmaak vir baie om te aanskou. En so word my 2023 voel-voel hekelprojek nóg meer kompleks en veelseggend.
Skat en afmetings is mos nou nie eintlik ‘n Lolla-ding nie. En ek hekel op gevoel. Geen spesifieke patroon, ek roer die hak soos ek voel daardie spesifieke oomblik (nog meer veranderlikes wat ‘n rol speel, jy sien!) Elke blokkie kry n randjie: donkergrys vir wanneer ek die dag se blokkie namiddag skep en wit vir voormiddag blokkies.
Ses rye (3 maande) se blokkies is reeds aanmekaargeheg. Sommiges blokkies is perfek, heelwat is skeef en krom. My kombers se eie persoonlikheid purrrrrr te lekker. En dalk vertel dit heelemal teveel van my, maar dis ‘n heerlike projek. Slegs 3 maande se blokkies en die kombers is reeds massief. Ek het met die huidige ry die blokkies effens kleiner gemaak. Of ek wel die hele jaar gaan kan volhou sal net tyd leer.
Bygesê, die kombers lê tans die hele huis vol. Die wolle is op verskeie plekke georganiseer. Ek hou nog goed vol. Volgende week gaan ons Kaap toe vir ‘n paar dae. Ek gaan moet planmaak met hoe ek my hekelgoedjies gaan saamvat op die vliegmasjien.
Natuurlik glimlag ons plaaslike wolwinkel eienaar breed want so kombers met soveel kleure gaan mos baie wol vereis. (Okay, besef ek nou my beplanning was glad nie so deeglik nie.) Ek en dié man praat nou al soos ou vriende en as ek wol bestel word dit sommer nog dieselfde dag met ‘n skoetertjie by my afgelewer.
So bietjie meer oor my kleure:
Blou - Kalmte ... rustig, tevrede
Pienk - Gelukkig ... energie, good vibes
Groen - Produktief ... suksesvol, gefokus
Lig Pers - Mindful & Self-care
Mosterd - Hartseer, teleurgesteld
Donker Pers - Angstig, depressief, oorweldig
Rooi - Kwaad
Geel - Ekstaties, Elated
Grys - Bleh
Room - Ek BUBBLE 😂
Ek hou julle op hoogte. 🧶🪡
Nuwe week
Nuwe dinge
Tralalalalieeeeeee
Grootdroom
Hartelus
Wandelaar
Sielerus
Ek kan nie onthou wanneer laas ek hier by my lessenaar gesit en werk het nie. Ek float oral: op die bank, op die bed, by die kombuisblad. Dwaal in my ‘kunskamer’ rond.
My oemf is opgeseize. My skaniere opgevries.
Ek sit nou hier by my werkstafel. Hoekom weet ek nie juis nie. Dalk moet ek ietsie skryf. Ja!
Ek teken so vinnig ‘n hasie, net om te voel ek doen darm iets. Die haas lyk of hy boobs het. Ek teken bubbles om my haas. Want, ek bubble. Nogsteeds. Eintlik BUBBLE ek nou éérs.
Darm het ek nou al vir ‘n rukkie hier by my tafel kom sit. En ‘n prentjie geteken. My liggie is flouerig… soos my feetjieliggies wat nuwe batterye kort. Maar ek skyn nog effentjies.
More teken ek dalk weer ‘n haas. 🙂😊 En sit vir ‘n rukkie by my tafel.
Yesterday was a very-close-to-rock-bottom kinda day.
Today it’s raining outside but there is Light in my heart. I’ve got this!
Living in constant pain, often elevated, is a concept than many do not understand. Being kind is important, always.
I’ve learnt that it is essential to keep moving, within limits. Don’t ever stop moving BUT heed your body’s messages. Even a little bit too much can cause severe and long-term flairs.
#livingwithfibro #fibromyalgia #constantpain #cfs #ivegotthis #wegotthis #meandfibro
Ek sit vas in ‘n breinblaps.
Sperdatums staar my in die gesig en al waaraan ek kan dink is: ek wil eerder slaaaap.
2023 gaan ek poog om voëls te bekyk, op te spoor, en te verewig in my kiekies. Hopelik sal ek uiteindelik ‘n deeglike lysie bymekaar kry van al my/ons sightings.
Byvoorbaat skies vir die hoeveelheid fotos wat hier gedeel gaan word. Geniet hulle saam met my.
As als goed en volgens plan verloop hou ek duime vas vir ‘n nuwe kamera. Ene wat ingeboude stabiliteit het vir my bewerige hande en ‘n lekker lens om vêr te kan fokus.
Maar vir nou moet ek eers self fokus… hierdie opdrag gaan nie self geskryf raak nie.
En dan, is dit Saterdag
en jou nuwe kort kapsel is stomp in jou nek weggebind want dis warm.
En die blokkies van jou emosiehekelbers word aanmekaar gehak met 'n nuwe neutrale kleur. Die is nou ry nommer 4. Elke ry bestaan uit 14 blokkies, dus 14 dae.
En manlief se Nigela aartappelgebak ruik hemels daar uit die oond. Vandag eet ons lekker na die afgelope week se suksesvolle gesond-eet.
En saam met die lekkerruik belofte van 'n koningse maaltyd word 'n groot, fênsy glas gevul met 'n gevriesde jenewer mengsel voor jou neergesit.
En jy onthou toe Juffrou Grobler verduidelik het, jy begin nie 'n sin met 'En' nie.
En jy mis mense en plekke maar jou hart loop oor, soos manlief se oorvol ginglas nou-nou, want die Liewe Here het jou gebless met die gawe om erg-diep te voel. En nóu voel jy meer as enigiets anders dankbaar en tevrede. Al jou enne is meer as genoeg en jy kort nie meer of minder en die en daai nie.
En dis Saterdag. Liverpool en Chelsea speel bal op die tievie. Vlooi stamp die pienk squeaky bal in ons rigting, maar ons gaan nie nou saamspeel nie. Ons bubble.
Dis Saterdag.