Nuwe Gewoontes 🤓

So is dit weer Nuwejaar
en al beplan jy geen “nuwejaars voornemens” nie,
belowe jy tog jouself dat
jy NOU gaan begin werk aan ‘n paar gewoonte-verstellings, wat hopelik volhoubaar sal wees.

Jy vertel vir jou kop dat jy hierdie jaar elke liewe dag iets gaan probeer skryf ….. want tydens 2024 het jou skryf verhuis …. dis asof dit deel geword het van ‘n ‘witnessprotectionprogramme’.
So, jy vertel vir jou kop dat al skryf jy net 3 woorde per dag, skryf moet jy skryf. En juis te beter as jy woorde met waarde skryf. Of ietsie wat ‘n lag of ‘n traan lostorring. Hoe, wat en waar die skryf gaan gebeur, en met wie ek dit gaan deel, is nog in die bedinkingsfase. Maar ja, ek sal graag hierdie plan (of is dit ‘n belofte aan myself) wil nakom.

Soos soveel ander ‘nuwejare’ vantevore, sou ek graag wil gewig verloor, en fikser raak. Maar kyk, ek gaan nie jok nie, met my diepe passie vir lekker eetgoed en my redelike stilsittende leefstyl, gaan hierdie ‘n groot kopswaai (en heupswaai, en biscuit skud, ensovoorts) vereis.

Slowly does it …. use it or loose it …. probeer is die beste geweer ….. aanhouer wen … positive vibes …. just do it ……

Okay, ek hou julle dus iewers tydens 2025 op hoogte van hoe dit in my kop (en met my lyf) gaan.

LollaseGroete

#lollasegoete #lollasthingz #2025 #skryf #afrikaans #lolladroomgroot

Sê

Sê jou sê
al het die wêreld se dinge
jou sê ge-mislê
Al is jou poegaai
pê-ër as pê
moet jy praat,
eerlik en reguit,
geen siels-plagiaat.
Praat uit jou hart al
is die eerlik soms swaar.
Woorde het waarde en help
herinneringe bewaar
Sê jou sê
Praat die goete wat
diep in jou hart lê.

Lolla se Tuingoete

Daisies fraaie daisies laat my kop duise-LIG van al die mooi

Lolla is ‘n kaalvoet ek-wil-tussen-die-blommetjies speel en woeker en werk meisie.

In my tuin, saam met goggas en honnedrolle en blomblaartjies en vele nuwe vetplantbabas en my al-groterwordende- olyfboom, met my baie-breerandhoed, is ek giggelgelukkig.

Kyk net, hulle is beeldskoon 🌸🌼🌸