Vandag se Dinge …. so op ‘n Donderdag

Sommer net ‘n random voeltjie prentjie uit my argiewe


Vandag was ‘n goeie dag. Al het ek ekstra koud gekry en heel middag met ‘n verwarmer in my ‘kantoor’ gesit.

Ek het uiteindelik my grys en swart serp klaar gebrei. My breiwerk is voetstoots. Ten spyte van ‘n ma wat baie handig en vlytig was en twee sussies wat beide die gawe ge-erf het, kom brei en hekel met redelike moeite na my toe. Ek het seker maar net anders geleer. Bennie ons buurseun toe ek seker so 11 jaar oud was, was die enigste een wat my kon leer brei. Breinaalde sowel as hekelpenne word op my eie manier vasgehou. Die tempo waarteen ek dus enigiets klaarmaak verskil aansienlik van enige ander breisters of hakkers wat ek ken. So het ek destyds sewe (ja, 7!!) jaar lank aan ‘n kniekombersie gehekel.

Die chiropraktisyn-besoek eergister het goed afgeloop. Dis ‘n annerste affêre. Ek is nie juis klein en tingerig nie. Die behandeling waar my nek, skouers, rug tot in my boude bewerk word, laat my vuisies bal en oge toeknyp om die trane te keer. Maar ek het alle vertroue dat dit my gaan help. Vir nou mik ons om my stokstyf lyf vol knoppe net weer los genoeg en so pynloos as moontlik te kry. En dan vandaar – maintenance. Gister het ek seer en gekneus gevoel. Vandag is ek, ten spyte van my ligte strekoefeninge en spiere warm hou, stok-stok-styf. Soveel so dat ek hoe later die dag loop, met al meer moeite beweeg. (Ek klae nie, ek vertel net….) Soos sy sê, die skade is van so ‘n aard dat dit waarskynlik al meer my mobiliteit kan beinvloed. Die tekens is duidelik daar. Strekoefeninge so saam met ‘n paar ander volgehoue, daaglikse aanpassings gaan vir my soos asemhaal moet word. Use it, or loose it. Maar moet netnie teveel use nie, want dit maak weer ander dinge wakker en die bose kringloop spiraal net aan en aan en aan. Dit klink nou soos ‘n veralgemening en ek bedoel dit nie so nie, maar ek reken dikwels is diagnoses bloot gebaseer op dit wat in die oomblik voor die hand liggend is. So wonder ek nou al vir jare, maar nou ook die Chiro-dame saam met my, hoeveel van wat nou met my gebeur gewortel is in daardie raakry ongeluk waarin ek destyds op skool aan my regterkant deur die jagende kar getref is, deur die lig getrek het en hard met die aarde kennis gemaak het. Maar, die skade is gedoen, en die lyf werk tog nog verbasend goed (#dankbaar). As ek ‘n paar glasies Jagermeister drink so dan en wan kan ek selfs jippe skud en die flenterslyf hula hoop nog te lekker. Vanaand is ‘n warm bad met Engelse-sout en vroeg inkruip my voorland – heerlik. En vroeg Maandagoggend gaan ek terug vir my volgende behandeling.

Verder het ek vanoggend lekker wolle aanlyn aangekoop. Susanna se kopband moet, soos belowe, gehekel word. En ek het Eenheid 2 van my TEFL studies suksesvol afgehandel, gaan moet spoed optel. Aanlyn brosjures vir die twee immergewilde reekse wat ek onlangs weer begin verkoop het, is uitgestuur. Ek het vir ‘n ruk lekker in die son gesit vroeer. Van my voorneme om vandag slegs vrugte te eet het daar toe ongelukkig nie veel gekom nie …. die 3 bloubessies wat ek vanoggend gepeusel het was toe ook al vrugte vir die dag.

En vir nou is dit al. Groete hier van my kant af, tot volgende keer.

35 thoughts on “Vandag se Dinge …. so op ‘n Donderdag”

    1. Una ek het n baie lang geskiedenis van siekwees. Grootliks asma en chroniese brongitus. Maar oor die laaste amper 2 dekades het ek met verskeie dinge gesukkel. Allergieë en chroniese inflamasie het veroorsaak dat ek voortdurend, amper aanhoudend siek raak. Asof my liggaam net glad nie terug baklei nie. Soos ek sê dis n baie lang storie. Die laaste paar jaar is ek met adrenal burnout gediagnoseer. Verlede jaar het prikkels in my gesig vererger en ek is deur n Neuroloog opgeneem vir toetse. Uiteindelik met Fibromialgie gediagnoseer.

      Like

      1. Jy is dierbaar Una.
        Liewe Jesus gee ons nie dinge wat ons nie kan dra nie, of hoe Una? Ek het eintlik ‘n groot loflied in my hart. Dankbaar dat ek so intens voel en beleef. Daar is dae wat dinge swaar en donker voel, maar die Lig wen altyd.

        Like

  1. Daardie beserings wat jy in ongeluk gekry het is beslis ook deel van oorsaak. Ek was in std sewe in busongeluk. My rug beseer wat niemand van geweet het. Jare later toe pak my rug op, is geopereer en het goed verligting gekry. Nou op oudag kom pyn gereeld terug agv verkalking en rumatiek. Die chiropractor gee baie goeie verligting. Die gedurige beweging en oefening is ook belangrik om die spiere soepel te hou en bloedtoevoer te verbeter. Nout ek ontrent soos n dr vir jou beduie, jammer hoor. Ek het egter simpatie met jou want dis n daaglikse stryd om net verligting v pyn te kry

    Liked by 1 person

    1. Hello Scrapy …. dankie vir jou inloer en moet seblief nie jammer sê nie. Ek waardeer alle insette en dis so waar wat jy sê – oefening en aanhou beweeg is ‘n moet. Jammer om te hoor jy beleef ook pyn – dis soms so ‘n eensame ervaring. So, dis eintlik ‘n blessing om met mense te gesels wat verstaan, en nie net oordeel nie. En jy kan gerus ook weet my oor en skouer is hier vir jou wanneer jy nodig het om te gesels.

      En dan moet ons onsself en mekaar tog ook soms herinner dat ons wel hierdie pad stap en selfs by tye floreer en uitblink. We can do this Scrapy-maat. xx

      Like

      1. Ai Lolla, ek was ‘n enkel ouer van my seun twaalf jaar was.(hys hierdie jaar 41) Hy was in std nege toe ek die rugoperasie gehad het. Hy moes my help om op te staan en te stort tot ek weer myself kon help. Dis alles dinge wat mens tog ook sterk maak. Mens kannie anders as om deur te druk. Die krag kom egter net van Een hand af wat in alles voorsien op sy tyd. Ek vind ook bv dat as my rug so seer is ek bietjie ekstra beweging oefening insit dan klaar dit weer bietjie op. Skoene speel natuurlik ook ‘n groot rol en die manier hoe jy jou voete gebruik. Sterkte vir jou verder.

        Liked by 1 person

      2. Groot drukkies daar na jou kant toe. Jy praat waar. So baie dinge wat verband hou of impak. Maar op die ou einde doen ons wat nodig is en maak seker ons het pret terwyl ons dit doen. Life is tuff, but we are tufferer. 🙂

        Like

  2. Sterkte met al die pyne Lolla, ek was in st 6 in n fietsongeluk en het beserings aan my linkerkant gehad. Vandag 59 jaar later is daar soveel pyne soos seer heup skouer en en en! Ek probeer om daagliks te gaan stap om aan die gang te bly.

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie Aletta, sterkte vir jou ook. Al hierdie jakkalsies maak ons net sterker, of hoe? Stap is verseker ‘n baie goeie opsie. Ek het ‘n oefenfiets ook by die huis maar oooh weeee ek en roetine ……. eish.

      Liked by 1 person

  3. Ja my liewe Lolla … pyne is ‘n (letterlik) pyn! Ten minste sit jy nie in die hoek en kry jouself jammer nie (alhoewel ek dink dis ook soms nodig 😉), ek dink jou redding is jou heerlike sin vir humor! Bly maar so stadig aan die beweeg, want na ‘n lang stil sit, moet alles weer van voor af aan die gang kom. Sterkte vir jou 🌸.

    Liked by 1 person

  4. Lolla, beste ding ooit daai bad en Engelse sout, minstens 15-20 minute lank lê. Daai magnesium doen wondere. Sal vir jou op wa kalsium poeier (:drink in aand help jou slaap) stuur wat great is. En Vit D ( drink saam met iets vetterigs sodat jy kan absorbeer. En as jy kan, pynappel, Bromelin daarin wonderlik vir joints en jou longe. En beweeg soos jy sien, dis awesome dat jy jouself so push🌻🌻

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie. Waardeer die goeie raad baie. As jy nie omgee nie gaan ek later op wa bietjie verder met jou gesels. Meeste van die goedjies hierbo genoem is reeds deel van my roetine. Ek vermoed (weet eintlik) my eetpatroon dra by tot my probleme want ek lief lekker eet. En met oefening, eintlik met als in my lewe, sukkel ek om balans te kry. Òf ek oefen amper glad nie, òf ek oefen soos n maraton atleet. Ek is rerig ‘n té-mens.

      Maar, when all is said and done, probeer ek altyd weer en weer.

      Heng ek kan babbel. Jy sién!!! (Of hoe @ekmyselff?)

      Like

  5. Wat ‘n pragtige voëltjieprent. Ek hoop jou rug is al beter. My fisio het laas vir my gesê ek kan maar pynpille na haar behandeling drink. Dis nou na sessie 2 toe ek aan haar genoem het dat ek na sessie 1 skaars op my rug kon lê weens die fasetblokke se pyn. Ek sal dit belis in toekoms onthou. Ek moet ook elke dag die oefeninge doen, maar ai, dit terra maar.

    Liked by 1 person

  6. Ek ly ook al jare aan fibromialgie en elke dag is ek styf en seer. Gelukkig kan mens dit bestuur as jy eers weet wat dit is. Ek oefen twee maal ‘n week by ‘n oefengroep ( nie gym nie… net rek en strek oefeninge) en verder stap ek gereeld.
    Jy klink vir my na ‘n pragtige positiewe mens. Terloops ons het dieselfde passie vir fotografie… heerlik om na jou foto’s te kyk.

    Liked by 1 person

Comments are closed.