Nuusflits – hier en nou

  • Ek weet, ek is skaars.
  • Amptelik ‘werkloos’, ‘n selfgekose status natuurlik.
  • Die wind is besig vandag – herfskoud en rats.
  • Ek word later die week ook een van die IV-vitamienedrip proewers, iets wat mens al hoe meer sien en van hoor. Vertel ‘n storie op sy eie. Ek vertel later meer.
  • Skryf is lekker. Skryf is ook harde werk.
  • Ek het die week my eerste slouchy beany gehekel. Hak was nog nooit werklik een van my sterker vaardighede nie, al het ek in ‘n huis vol talentvolle haksters grootgeword. Ek is in my noppies.
  • ‘n Skryfkompetisie…. Ek is deur na rondte 3. Hou julle hier op hoogte.
  • My slimfoon waarsku alweer dat daar nie meer plek vir ‘n muis of ‘n punt of ‘n foto is nie. Tyd vir opruim.
  • Ek reken rock-bottom lyk anders vir elke mens. Ek glo ook daar is altyd tog nog bietjie spasie onnerkant daai bottom. Die ding is, niemand van ons kan ooit ‘n kenner wees oor iemand anders se laagtepunte nie, kom ons wees versigtig en spaarsamig met ons wyshede.
  • Elke dag het ‘n spesiale ligstraaltjie – en dikwels is hy êrens in jou eie binneste. Onthou om daai straaltjie te deel.
  • My dag het stadig begin en selfs nie eens ‘n katastrofiese kinkelkoek in my fyn haartjies kon my van koers afgooi nie.
  • Groot verjaarsdag vandag – my oudste hartskind is 21. Vandag wens ek sy pa was hier om dit saam met hom te vier. Ek is trots op jou Seuna en ek mis jou en jou kleinboet.
Wie van julle hou ook van ‘n warm mussie in die winter?
Vroeër vandag my nuwe vryheid geniet – ‘n lekker beker warm klapperkoffie langs ‘n meer
Knersis – ‘n knoop van ‘n koek
Dit was tyd
Ietsie anders raakgespeel

Lolla-groete

14 thoughts on “Nuusflits – hier en nou”

  1. Ek het gewag hiervoor. Skryf kompetisie? Geweet jy kan, maar hoekom hoor ek nou eers. Ek skreeu vir jou, bid vir jou, koop my vingers en tone vir jou!

    Liked by 1 person

  2. O koek, dis ‘n hengse koek daai! En hartlik geluk met jou seun se 21ste EN jou skryf kompetisie vordering … dit vra vir ‘n viering! Ek hou van jou uitsig terwyl jy klapper(?) koffie geniet 🌸.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Daisy. Ek lief ‘n lekker warm mus op my kop wintertyd. Gewoonlik brei ek, maar hierdie ene. Is my 1ste hekel poging. En dis die lekkerste, sagste wol wat ek gekoop het. Ek het nog so ‘n sagte mint-groen wol, moet besluit of ek nog ‘n mussie gaan aanpak. 🧶

      Like

Comments are closed.